[Video] Waarvoor wag jy?


As u nie die video kan sien nie, kliek hier.
http://www.youtube.com/watch?v=5z4O7BJ-jg8

One Response

  1. Daar is lewe in Orania. Daar is ook ‘n gevoel van tuiskoms, trots op ons eie en hoop op ‘n toekoms. Op Orania leef Afrikaners in vryheid.Orania is ‘n diamant wat die afgelope tyd deur Afrikaners ontdek is en meer en meer Afrikaners wil deel in die glinster van hierdie kosbare juweel. Sommige wil net vir kort rukkies, of tydens vakansies op Orania kom asemskep, of dalk vir ‘n vinnige naweek wegbreek om batterye te herlaai. Ander is oortuig dat Orania die plek is waar hulle kinders wil grootmaak, werk en lééf.Ons beleef ‘n ontploffing in besoekersgetalle. Die afgelope Saterdag het een toergids 37 belangstellendes deur Orania geneem. Statistiek vir toere het die hoogte ingeklim en soms is drie toergidse gelyktydig besig met toere.Daar is reeds tydens die eerste vier maande van 2010 byna duisend gaste deur Orania op toer geneem. As in gedagte gehou word dat heelwat gaste nie van die begeleide toere gebruik maak nie, het hier al vanjaar ‘n aansienlike hoeveelheid mense in Orania kom kuier.Die leierskap by Orania se twee skole glimlag vir die eerste keer in baie jare, want die aantal leerlinge in die skole groei konstant, ook as gevolg van omwoners wat nou hulle kinders na Orania toe aanry.Vir die kort eerste vier maande van 2010 is daar reeds 33 bouplanne goedgekeur en 23 eiendomme is verkoop. Huurhuise is hoog in aanvraag, maar niks is beskikbaar nie!Die aantal inwoners in Orania styg byna daagliks. Nuwe inwoners doen ‘n toelatingsonderhoud sodat hulle presies sal verstaan wat die doel van Orania is en om dan te besluit of hulle die idee ondersteun.Van Januarie tot April is 53 voornemende inwoners toegelaat. Tydens die eerste 14 dae van Mei is reeds 43 nuwe inwoners verwelkom.Orania is jonk en lewenskragtig, maar in Orania vind Afrikaners al hoe meer ‘n verwelkomende tuiskomplek!*Kom kuier op Orania:http://www.oraniatoere.co.za/Sluit aan by Orania Toere se Facebookgroep:http://www.facebook.com/group.php?gid=168447657619* Artikel deur Lida Strydom van die Orania Beweging.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: