Kameeldrift: Man op sy hoewe doodgesteek

2010-05-11 11:20
Fanie van Rooyen

’n Man is gistermiddag op sy hoewe by Kameeldrift-Wes in Pretoria vermoor deur ’n aan-valler wat hom vyf keer met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek het.

Mnr. Robert Botha (58) is net ná 15:00 deur een van twee vriende gevind wat saam met hom in die huis gewoon het.

Dit is die jongste in ’n reeks van verskeie aanvalle van verlede maand tot gister in dié misdaadgeteisterde gebied.

Verlede week is mnr. Theunis Pelser (66), wat as ’n vragmotorbestuurder vir die winkel J&B Sugars in Kameeldrift gewerk het, dood nadat hy in ’n rooftog geskiet is.

Op 16 April is mev. Suna Steenberg (45) in Kameelfontein in die kop geskiet en op 6 April is ’n matriekseun, Ernst Hoon (18), deur sy slaapkamervenster op Leeuwfontein in die Kameeldrift-gebied doodgeskiet.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gister gesê een van Botha se twee vriende was nie tuis nie en die ander een het gaan stap.

“Toe die vriend wat gaan stap het terug by die huis kom, het hy Botha se lyk gevind,” het Olivier gesê.

Daar was geen tekens van ’n inbraak of struweling nie.

“Al wat uit die huis vermis is, is twee van Botha se .22-gewere wat uit ’n kluis weg is.”

Die polisie ondersoek sake van moord en diefstal.

Daar is volgens Olivier geen verdagtes nie omdat daar geen ooggetuies is of tekens van ’n struweling of inbraak nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kameeldrift-Man-op-sy-hoewe-doodgesteek-20100511

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: