Terre’Blanche se moord ‘vooraf beplan’

2010-05-10 14:00

Die twee beskuldigdes het vooraf in ‘n stal op mnr. Eugene Terre’Blanche se plaas besluit en beplan om hom te vermoor, het die Ventersdorpse landroshof Maandag gehoor.

“Hulle het beplan om mnr. Terre’Blanche te vermoor. Hulle het beplan: ‘die man gee ons moeilikheid, ons gaan hom vermoor’, ” het die ondersoekbeampte, mnr. Ttietsi Mano, in die borgaansoek van mnr. Chris Mahlangu (28) getuig.

Hy en ‘n 15-jarige medebeskuldigde is aangekeer weens die moord op die AWB-leier op die Saterdag van Paasnaweek.

Die twee het glo ‘n ysterstaaf op die dorp gaan koop en toe by die plaashuis ingebreek.

Hulle het Terre’Blanche aangeval terwyl hy geslaap het, met die ysterstaaf en met ‘n panga aangerand.

Mano het getuig Mahlangu het die moordtoneel later aan die polisie uitgewys en dit is as ‘n bekentenis aanvaar.

Volgens die aanklaer, mnr. George Baloyi, is Terre’Blanche verskeie kere in die gesig geslaan en gekap en ook op sy kop en lyf.

Hy het altesame 28 beserings op sy gesig, brein, tong, skedel, ribbes en lewer opgedoen.

Die twee het na die moord sy selfoon gesteel en toe gaan “spog” met die moord, het die hof gehoor.

“Hulle het drie mense raakgeloop en beskuldigde nommer een het verklaar dat hy nou hulle baas is omdat hulle Terre’Blanche vermoor het,” luidens ‘n opsomming van die vermeende gebeure wat Baloyi in die hof voorgelees het.

Die aanvanklike klag van crimen injura – omdat Terre’Blanche nie ‘n broek aangehad het toe hy dood is nie, is Maandag nie ingesluit nie.

Die 15-jarige medebeskuldigde het vroeër gehoor dat sy saak tussen 13 September en 17 September verhoor gaan word. – Sapa

Lees Dinsdag meer in Beeld.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/TerreBlanche-se-moord-vooraf-beplan-20100510

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: