Julius Malema, waar is jy? Jou ‘goeie werk’ word terdeë gemis

deur Nic Grobler van Wellington, Nieu-Seeland
2010-05-02 22:46

Julius, O Julius, where art thou?

Ek weet nie van julle nie, maar ek mis vir Julius Malema. Lyk my die ANC het sy mond gesnoer.

Dink daaroor. Afgesien van die vermaaklikheidswaarde van sy kaskenades, het Julius eintlik goeie werk gedoen.

Hy het die wit mense in ’n japtrap saamgesnoer soos nog geen wit leier die laaste 16 jaar kon doen nie.

En vir die moedelose, werklose jeug het hy nuwe hoop op die toekoms gegee. ’n Toekoms met grondbesit! En wat meer as hoop het ’n mens nodig?

Julius het selfs die ekonomie ’n hupstoot gegee. Ek verneem die verkope van alarms, wapens en blikkieskos het die hoogte ingeskiet daar in die reënboogland. Om van die nuusblaaie se verhoogde omset nie eers te praat nie.

Ook op regeringsvlak het hy ons arme, oormoeg Prez gehelp deur so doeltreffend die volk te laat weet hoe die ANC regtig voel.
Op diplomatieke vlak is die suur bande tussen ons en Zimbabwe in ’n oogwink herstel.

Selfs ons renegate hier in die buiteland het baat gevind by Julius se psalms en gesange (veral die een oor die boer), want die mense hier is ons nou baie meer simpatiekgesind. Ope arms wag op julle wat nog wil gly.

Erken nou maar, Julius Malema se talente het inderdaad geen einde nie.

So, mense, hou op kla as Julius sy goeie werk doen. Ek mis die man.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Julius-Malema-waar-is-jy-Jou-goeie-werk-word-terde%C3%AB-gemis-20100502

One Response

  1. Wie is "ONS". Your attempt at being "funny" simply gives this person more press.I would not be asking where he is, rather wonder what he is up to while being so quiet. I do not think the ANC has the power to silence this sorry, but dangerous individual. I would not be surprised if he is planning the killing of Zuma.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: