My patriotisme het doodgegaan

deur Jean de Villiers
2010-04-26 07:56

Ek glo dat alle expats al die een of ander tyd moes hoor hoe hulle lafaards is en weghol terwyl die handjievol blankes wat oorbly moet veg om daaglikse oorlewing.

Twee jaar gelede het ek en my vrou, na ‘n mislukte kaping, besef dat dit moontlik ons laaste waarskuwing is en ons vertrek na Nieu-Seeland beplan. Dit het ons groot hartseer en baie finansiele frustrasie gekos maar ons het dit altyd in ons agterkop gehou dat ons weer ons voete in Afrika sal vind, wanneer “dinge beter gaan”.

Ons woon nou al 18 maande oorsee en ons dogtertjie is hier gebore, ‘n Kiwi en nou bykans sewe maande oud.

Ek lees amper elke dag Beeld in die hoop dat dinge verbeter in SA en ons familie en vriende veilig sal wees. Dit was ‘n groot skok dat ons oor die paasnaweek van ET se dood verneem het en daar was ‘n onwillekeurige opwelling van patriotisme in my gemoed.

Ek was kwaad, emosioneel en bang vir die gevolg vir die Afrikaner. Bang vir die boere en die Boere omdat daar vir ‘n barbaarse, bloeddorstige, arm en moedswillige boosdoener geen onderskeid aan ‘n wit vel is nie. Die opsweep wat dit in die media gehad het, het dinge vir die buiteland laat lyk of omgekeerde rassisme die oorhand gekry het.

Met die gevolg lees ek die berigte in Beeld met oë ingeskerp op artikels wat geskryf word om nie rassisties voor te kom nie, maar wel deur naamsgebruik die ras ‘weggee’ van die teiken. Die aanvallers, indien hulle aangekeer word, word nie altyd genoem nie, maar dit is nie te moeilik om twee en twee bymekaar te sit nie.

Die afgelope twee weke was daar ‘n duidelike toename aan gewelddadige inbrake en moord asook in die getal van die aanvallers. Verder merk ek op dat daar ‘n spesifieke poging deur die media gedoen word om te beklemtoon hoe spesifiek swart omstanders blanke mense bystaan in hul nood. Is dit toevallig of lees ek dit nou eers raak?

Toe ek vandag oudergewoonte die koerant gedurende my etenstyd oopmaak, was die eerste artikel wat ek lees van die baba wat geslaan is.
‘n Weerlose kind! My keel het op ‘n knop getrek en ek het besef dat indien ons nog in SA was, dit dalk my kind kon gewees het. Ek is bekend vir my kort-van-draad-humeur en moet erken dat as so iets my sou tref, ek nie lewend tronk toe sou gaan nie.

Patriotisme het intussen vir my doodgegaan en ek weet nou dat geen grond, kultuur of taal die bloed van my kind werd is nie.
Patriotisme is ook geensins my vrou of kind se verkragting werd nie. Afrika, ek vee jou stof van my voete af. Jy het my volk se kennis, ons erfstuk gesteel en is vet gevoer op ons voorvaders se ideale.

Steeds neem jy sonder vergoeding en verkleineer jy die Afrikaner wat deur bloed en sweet uit jou gebore is.
Die volk wat lig na jou donker dieptes gebring het verbrysel jy onder ‘n skurwe hakskeen.

Vir die wat agter moèt bly hoop ek van harte dat selfbeskikking op die nabye horison lê, anders is volksmoord ‘n realiteit.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/JouStorie/My-patriotisme-het-doodgegaan-20100426

One Response

  1. My vriend, Beeld, oftewel skewebeeld, is die heel laaste bron van objektiewe inligting wat jy moet gebruik om te weet wat in Suid afrika aan die gang is, dis 10 x erger, en dan moet jy mooi dink voor jy hulle glo, vra maar die gewone ou in die straat, ou kennisse/vriende van jou (selfs as hulle liberaal is, hulle is besig om wakker te word) en jy sal `n beter idee kry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: