Laat die Afrikaners gaan, pres. Zuma

deur Vannermerwe

2010-04-05 22:23

Ek skryf hierdie brief namens ’n groep Afrikaners, (nie alle Afrikaners nie), vir wie dit nie meer lekker is om in Suid Afrika te bly nie.

Ons weet nie regtig wat u bespreek het met die “elite”-Afrikaners by u onlangse dinee nie, maar ons wil graag ’n versoek aan u rig.

Kan ons asseblief ’n tuisland kry?

Ek is nou maar eers 28, dus weet ek nie veel van wat onder apartheid gebeur het nie (al moet ek nou betaal daarvoor). Wat ek wel raakgelees het, was dat die apartheidsregering die reg van swart mense erken het om oor hulle self te regeer en daarom is daar vir hulle tuislande gestig.

Kan julle darem net hierdie enkele guns beantwoord en vir ons ook ’n tuisland gee waar ons oor onsself kan beskik?

Ons vra nie eers die beste deel van Suid Afrika nie. As ons net ’n groot genoeg stuk in die Karoo, Noord-Kaap (Weskus) kan kry naby ’n groot rivier, met volle onafhanklikheid sal duisende Afrikaners hulle self daar gaan vestig.

Dit is ’n wen-wen-situasie.

As die Afrikaners weg is, kan julle al die grond nasionaliseer, sonder enige weerstand. Julle gaan geen opposisie hê nie, wat beteken dat julle julle salarisse en voordele kan aanpas net soos julle wil. Julle mense kan die grond vat en maak net wat hulle wil, sonder dat enige iemand kerm daaroor.

Ons Afrikaners kan dan oor begin en vir ons ’n land bou soos wat ons daarvan hou. Meneer Zuma, die erge verskille in kulture in hierdie land maak dat rassespanning ál meer toeneem. Indien u die Afrikaner laat gaan, sal u gesien word as ’n vredemaker in die oë van die wêreld, selfs groter as Mandela! U sal onthou word in die geskiedenis as ’n wyse man wat konflik vermy het deur aan al die kulture se behoeftes te voldoen.

Ons vra u nie om die beste van u land op te offer nie. U kan die swakste deel van Suid Afrika ruil vir vrede in Suid Afrika. Dit is tog die goedkoopste prys denkbaar.

Asseblief, President Zuma, laat die Afrikanervolk trek.

Ek hoop en bid u is te vinde vir hierdie voorstel,

By voorbaat dank.

Vannermerwe
info@vannermerwe.com

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/Laat-die-Afrikaners-gaan-pres-Zuma-20100405

One Response

  1. Ek sekondeer jou versoek. hein@vhdesigns.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: