Terre’Blanche-moordverdagtes geprys

2010-04-06 14:02

Ventersdorp – Een van die twee verdagtes wat verdink word van die moord op die leier van die AWB, Eugene Terre’Blanche, is Dinsdag te midde van groot toejuiging uit die hof gelei.

Die polisie het die man, met ‘n baadjie oor sy kop, uit die hof begelei tot in ‘n Nyala-pantservoertuig wat buite gewag het.

Die voertuig het die hofperseel verlaat met streng polisiebegeleiding en sirenes wat geloei het.

Die skare buite die hof het glo gejuig nadat die voertuig weggetrek het. “Hulle is ons helde. Hulle het ons trots gemaak,” het Simon Molefe gesê.

Die twee verdagtes word glo uitgemaak as ‘helde’ deur sommiges in die Ventersdorp-gemeenskap.

“Hierdie seuns was braaf. Hulle het gedoen wat ander vir jare lank te bang was om te doen,” het Zila Mokotedi gesê.

“Mense is kreupel en sommiges dood as gevolg van hom. Hy het vrees onder die mense gekweek. Ons was nie braaf genoeg om hom in die oë te kyk nie. Hierdie twee is ons helde.

“Hulle het die vyand van ons weggeneem,” het Mokotedi gesê.

Emanuel Mathibethe, het egter van mening verskil. Volgens hom was Terre’Blanche ‘n nuwe man sedert sy vrylating uit die tronk. “Terre’Blanche het sy slegte kant gehad, maar hy moet onthou word vir die goeie goed wat hy die laaste ruk gedoen het.”

“Hy was ‘n ander mens. Hy was baie stil.”

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/5524202666fb4275a80d6fe4a88bf63f/06-04-2010-02-02/Terre%E2%80%99Blanche-moordverdagtes_geprys

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: