Roodt blameer ANC vir Terre’Blanche-moord


Sondag, 04 April 2010 04:53 Praag

Dr. Dan Roodt van PRAAG en inligtingshoof van die Vryheidsfront Plus in Gauteng, het die ANC vir die moord op Eugene Terre’Blanche geblameer. “Die ANC, veral sy jeugvleuel, het ‘n klimaat van anti-Afrikanerhaat in Suid-Afrika geskep. Gevolglik bevind Suid-Afrika hom in ‘n laevlak- etniese konflik wat ná ‘n hoëprofielmoord soos dié op mnr. Terre’Blanche noodwendig gaan eskaleer.”

In ‘n verklaring aan die media het Roodt sy meegevoel met Terre’Blanche gesin uitgespreek ná “‘n weersinwekkende moord wat op ‘n wrede en primitiewe manier gepleeg is. Mnr. Terre’Blanche was ‘n kleurryke politieke en kulturele figuur, asook ‘n egte Afrikaner. Sy politieke styl was dramaties, sy taal dikwels poëties. Hy het groot waardering vir die Afrikanergeskiedenis en -kultuur gekoester, asook ‘n liefde vir die Afrikaanse taal. VIr hom om so ‘n verskriklike dood te sterf, is simbolies van die anargie waarin Suid-Afrika vinnig besig is om te verval.”

Hoewel Eugene Terre’Blanche lief was vir nasionalistiese en selfse neo-fascistiese beelde, het hy hom nooit aan haatspraak skuldig gemaak of die tipe rasgegronde haat wat die ANC tans in Suid-Afrika opstook nie. Hy het swart tale gepraat en hom dikwels ten gunste van vryheid en selfbeskikking vir Afrikavolkere uitgespreek, net soos hy vir sy eie Afrikanervolk nagestreef het.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikanereenheid gedoen. “Ongelukkig is die barbaarse moord op Terre’Blanche bloot die jongste in ‘n reeks skokkend gewelddadige voorvalle waarin Afrikaners, oud en jonk, geteiken is met moord, verkragting en ongemotiveerde aanvalle,” het hy gesê. “Die skrif is aan die muur in kolossale letters. Mnr. Julius Malema se onlangse besoek aan Zimbabwe en aanhoudende oproepe tot volksmoord op Afrikaners en Boere het ‘n klimaat vir verdere anargie, grondbesettings van die Zimbabwe-tipe, hongersnood en selfs massamoord geskep. Slegs ‘n vertoning van eenheid en vasberadenheid in die aangesig van dié ernstige bedreigings sal die storm van haat en vergelding wat in die harte en verstand van ons vyande broei kan keer.”

Volgens dr. Roodt verkeer Suid-Afrika tans by ‘n kruispad. “Die huidige klimaat van geweld en onverdraagsaamheid is die gevolg van jare se anti-Afrikanerprogaganda en stereotipering, veral deur die SAUK, wat direk deur die regerende party beheer word. Óf Suid-Afrika gaan die bekende paadjie van vele Afrikalande volg en in etniese konflik en burgeroorlog verval, óf die land gaan daarin slaag op voor die afgrond waaroor dit tans huiwer, weg te kom,” het hy gesê.

Hy het ook ‘n beroep op die internasionale gemeenskap, die VSA, Europese Unie en die Verenigde Nasies gedoen om in te gryp ten einde die bloedbad stop te sit wat tans in Suid-Afrika plaasvind.

Oorsprong:Praag
http://praag.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=7696:roodt-blameer-anc-vir-terreblanche-moord&catid=37:suider-afrika&Itemid=400

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: