Ek begeer leier soos Malema vir ons wittes

deur A. Smith van Limpopo

2010-03-30 21:49

Hoe begeer ek om so ’n leier soos Malema vir die wit volk te hê.

Hierdie man eerbiedig die Vryheidsmanifes, hy veg verwoed vir alles soos in die manifes belowe.

Hy laat hom deur niemand stuit nie. Nie eens deur die president nie.

Wat die volk belowe is, moet die volk kry. Dit is 16 jaar ná demokrasie en die volk is net armer. Alle infrastrukture verval. Hy sal dit regstel.

Vat die boere se grond. Vat die myne terug. Vat die geld van die rassiste en verdeel dit onder die armes. Wis die uitbuiting en onregte van die verlede uit. Staan op vir wat reg is.

Laat die son oor almal skyn. Hierdie mannetjie word gevloek, geminag en selfs met die dood gedreig, maar hy kruip nie weg agter lessenaars nie.

Hy sê wat hy wil hê en gaan na Zimbabwe om raad te vra. Sy ondersteuning groei daagliks en sy volgers staan verwonderd.

Hierdie man het moed.

Hierdie man is bereid om toegesluit te word en ook te sterf vir die saak van sy volk.

Hy gaan aanhou en aanhou totdat hy wen, want dit is aan sy volk belowe en dit is sy roeping om te sorg dat hulle dit kry.

Ai, ek wens ek het so ’n leier gehad! Dan het ek ook hoop gehad!

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/2c5b6387b91e47c19655ff404e774ca3/30-03-2010-09-49/Ek_begeer_leier_soos_Malema_vir_ons_wittes

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: