Afrikaans mag nie verdwyn op universiteit

2010-03-28 22:09

Afrikaans is nie op die punt om uit te sterf nie, maar Afrikaanssprekendes kan gerus die digter Breyten Breytenbach se waarskuwing oor die taal ter harte neem.

Geen kleiner taal is in die vinnig veranderende en toenemend globaliserende wêreld 100% veilig nie.

Afrikaans het die verdere nadeel dat hy nie deur die ANC-regering as een van ons inheemse bates beskou word nie.

Afrikaans se hedendaagse prestasie as inheemse Afrika-taal is ongeëwenaard op die vasteland.

Dit het tot ’n kuns- en wetenskapstaal ontwikkel waarin werke van wêreldgehalte geskryf kan word.

As algemene spreektaal in al sy verskillende variante is Afrikaans waarskynlik so gesond soos selde tevore.

Duisende stroom na Afrikaanse kunstefeeste en populêre Afrikaanse musiek en boeke bloei.

Die probleem is nie op straat of in die kombuis – waar die verskillende soorte Afrikaans soos kosbare kleinode bewaar moet word nie.

Dis by wat genoem word die hoër funksies van taal: aan universiteite, in howe, hospitale, skole en in die regering.

Weliswaar het Afrikaans sy hoër funksies onder ’n NP-regering tydens apartheid verwerf. Kan dit teen ’n taal gehou word?

Meer as die helfte van Afrikaans se sprekers is bruin.

Hoe drasties Afrikaans se verlies was, blyk uit Afrikaanse onderrig op skool en universiteit.

Afrikaans-enkelmediumskole het van 1 396 in 1993 tot 667 in 2010 afgeneem.

Is daar nog enige ingenieur, dokter, veearts of wetenskaplike wat hul graad van die eerste tot die finale jaar in Afrikaans voltooi?

Met Engels se stewige houvas as internasionale en akademiese taal is groter tale soos Nederlands en Duits ook hieroor bekommerd.

Afrikaanssprekendes kan nie toelaat dat Afrikaans sy posisie as akademiese taal prysgee nie.

Dit sal tot die skande van die huidige geslag besluitnemers wees as Afrikaans oor tien jaar ’n vergete taal op universiteit is.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Opinie/HoofArtikels/1964/2ea4fd00813b4175b24d8fd8b49e2917/28-03-2010-10-09/Afrikaans_mag_nie_verdwyn_op_universiteit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: