‘Ek het niemand vermoor nie, maar het nie simpatie met slagoffers’

2010-03-17 07:25

Daniëlla du Plooy

’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die ANC-jeugligaleier se Facebook-blad.

Dit kom nadat die VF+ eergister gewaarsku het die ANC-jeugligaleier se gewraakte liedjie “Skiet die boere, hulle is verkragters” kan ’n atmosfeer vir moord op boere skep.

Malema se blad op die sosiale netwerk het meer as 12 000 aanhangers. Hy is nie noodwendig die stigter van die blad of enigsins daarby betrokke nie.

Een van Malema se “aanhangers”, mnr. Clearence Letlonkane, het die laaste paar dae elke paar uur opdaterings geplaas van inligting oor boere wat op plase vermoor is soos berig is op die webnuustuiste News24.

Een van dié inskrywings lui: “3000 farmerz dead since ’94… we lost more people than that… we r far from being even… So kill da boer, kill da farmer.”

In ’n ander inskrywing sê hy: “They kept the wealth of our land… the litte riches obtained is not merly enough to be shared equaly amongst all of us… ­Hence it is that corruption persists… Crime will not rest until all that was stolen 4rm us is… all regained.”

Letlonkane skryf by een van sy plasings “agt mense is op plase in Limpopo vermoor sedert die begin van Februarie”.
Toe hy daarna uitgevra is, het hy gesê: “Ek het niemand doodgemaak nie, maar ek staan nie simpatiek teenoor dié wat vermoor is nie, sue me for not shedding a
tear .”

Mnr. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het aangedui hulle gaan die Facebook-plasings gebruik as getuienis tydens die haatspraak-saak wat hulle teen Malema in die gelykheidshof aanhangig gemaak het.

Adv. Anton Alberts, die VF+ se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, het eergister in ’n verklaring gesê “geen diep denke is nodig om te besef dat Malema se uitsprake ’n atmosfeer skep wat gunstig is vir diegene wat wil moor nie”.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

AfriForum Jeug reël ook ’n protesoptog teen Malema se optrede oormôre in Johannesburg. Dit vind Vrydag om 10:00 by die Mary Fitzgerald-plein in die middestad plaas, van waar betogers na die ANC-hoofkantoor in Sauerstraat sal stap.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1ae56d02065e432a818fc8cbcfb46508/17-03-2010-07-25/Ek_het_niemand_vermoor_nie,_maar_het_nie_simpatie_met_slagoffers

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: