‘Ons sal terugveg’

2010-01-04 04:14

Susan Cilliers

Dit was vir hom erg om die lyk van die rower te sien wat hy doodgeskiet het, maar die boodskap móét deurkom: Ons sal terugbaklei.

So sê ’n Oos-Rander wat gisteroggend vroeg ’n aanvaller in sy buurman se huis doodgeskiet het.

“Dis erg om iemand in die oë te kyk, dan die lyk te sien en te besef jý het hom geskiet, of hy dit nou verdien het of nie,” het mnr. Louis Venter, ’n sakeman, gistermiddag in sy sitkamer in Negende Straat, Alberton, vertel.

“Mense moet weet ons ís bereid om vir onsself te veg.

“Ek het geen keuse gehad (as om te skiet) nie.”

Die drama het gisteroggend omstreeks 01:00 begin toe drie huisrowers mnr. Deon Holtzhausen se huis binnegestorm het.

Hy, sy vrou, Cecilia, en nog ’n egpaar het daar gekuier.

Holtzhausen, ’n bankbestuurder, het die gesin se honde by die agterdeur laat uitgaan.

“Toe ek die deur later wou toemaak, het die rowers daar gestaan. Een het ’n rewolwer op my gerig. Die ander twee het onderskeidelik ’n skroewedraaier en ’n mes in die hand gehad. Ek het gesê hulle moet alles vat.”

Holtzhausen het R3 000 uit die kluis aan die rowers gegee.

Die Holtzhausens se dogter het intussen wakker geword.

“Ek het my kamerdeur op ’n skrefie oopgemaak en die rowers en my pa se vasgebinde hande gesien,” het sy gister vertel.

Sy het Venter se seun, Dewald (17), met haar selfoon gebel en gesê daar is rowers in hul huis.

Die meisie het haar hokkiestok gegryp en haar kamerdeur probeer toedruk, maar die rowers het die deur oopgedwing.

Hulle het haar saam met die vasgebinde vier volwassenes op die kombuisvloer laat lê.

Holtzhausen het gister gesê die rowers het die R3 000 “soos kaarte” onder mekaar verdeel, kos uit die yskas geneem en sy motorsleutel gevra.

Dewald het sy pa ná die oproep wakker gemaak. Pa en seun het toe oor die muur tussen hulle en die Holtzhausens se huis gespring.

Hulle het deur die vensters gesien hoe die rowers in die Holtzhausens se kaste krap.

Venter het Dewald aangesê om die polisie te bel.

“Die vrouestemme binne die huis het toe ál hoe benouder geklink. Ek is by die agterdeur in toe al drie rowers na my hardloop. Die een met die rewolwer was voor.

“Ek het geskree hulle moet hul wapens laat val.

“Hulle het omgedraai en weggehardloop, maar toe die gewapende rower verby die gyselaars in die kombuis hol, het dit gelyk of hy na hulle mik. Ek het geskiet. Hy het geval en ek het oor hom gehardloop.”

Die skoot het die rower in die kop getref. “Die ander twee het agter ’n spieëlkas probeer wegkruip,” het Holtzhausen gesê.

Die polisie het opgedaag en dié twee in hegtenis geneem.

Hulle verskyn vandag in die Germiston-landdroshof op klagte van huisroof, het kapt. Steady Nawa, polisiewoordvoerder, gesê.

Hy het gesê ’n moorddossier oor die voorval sal aangelê word.

“Dis ’n formaliteit.”

– Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/81b2ef04ae9c47ff9060d1147e0d4175/04-01-2010-04-14/Ons_sal_terugveg

2 Responses

  1. HIHoe vertel mens vir Susan dat als O.K. gaan wees, hoe vat jy dai pyn en wolk van onsekerheid van daardie persoon.Ek loop vanmiddag in my dogterjie se kamer in waar sy le en slaap, sy hou haar teddie styf vas. Sy lyk so rustig en kommer vry. van daar af loop ek in ons kamer in waar my vrou rustig le en haar boek lees, ek kry net net n glimlag terwyl ek vir haar staan en staar.Ek kan nie hulle gebrande lyke in my verbeelding sien nie nog minder n verminkte persoon wat ek so lief het.Toe ek die plaas nood diens projek begin het verlede jaar Dsember moes ek seker vir n uur doodstil gesit het in my studeer kamer nadat ek die eerste keer die web werf besoek het. Ek kan nie eens beskryf watter emosies deur my gehardloop het nie.Vandag maak ek tyd vir n sms n dag na my skoonouers op die plaas, hul was omgekrap toe ek nie bianca wou laat gaan kuier het vir hulle oor kers tyd nie maar glo ek het rede daar toe.Vir Susan en haar gesin alle sterke, sou hulle enige hulp nodig he wees dit regs hulp met die die saak of enige iets anders kontak my gerus.Vir die res van die boere hou vas ons kom en ons kom met n plan

  2. Dis goed om van die suksese te lees, waar mense darem tenminste kan wegloop van sulke tonele af. Dis maar die tyd waar in ons maar leef, en om te dink dat jy vanaand 'n rustige aand saam met jou familie gaan he, kan net so verander.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: