‘Julle wittes het mos baie geld,’ moet siek vrou hoor

2009-12-18 23:00
Sonja van Buul

“Daar is regtig ’n probleem met julle wit mense. Julle wil hê alles moet vir julle gedoen word.”

Dit het ’n verpleër van saal 21 in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal volgens mev. Cheryl Lindeque (54) van Vanderbijlpark gesê nadat sy heeldag lank rondgestuur is toe sy probeer het om opgeneem te word.

“Dit maak nie saak of ek wit of swart is nie, help my net asseblief,” het sy glo gesmeek.

Volgens Lindeque het sy ses jaar gelede ’n vierledige hartvat­omleidingsoperasie ondergaan en is sy ’n diabeet.

“Sowat vier maande gelede moes ek noodgedwonge ’n staatspasiënt word nadat my man, Johan (58), sy werk as ambagsman verloor het,” het sy gesê.

Lindeque is van die Kopanong-hospitaal in Vereeniging na die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gestuur omdat sy glo slegs by dié hospitaal die medisyne kan kry wat sy dringend nodig het.

Die Charlotte Maxeke-hospitaal het haar weggewys en sy is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal. Hier het ’n dokter gesê die siek vrou moet dringend deur die ongevalle-afdeling opgeneem word.

“Ek is met ’n opnamebrief ure lank van bakboord na stuurboord gestuur omdat ek glo nie die regte vorms het nie, maar niemand weet wat aangaan nie en wou my nie help nie. ’n Kennisgewing het ook gelees saal 21 is vol,” het Lindeque gesê.

“Dis die probleem met julle wit mense. Alles moet in julle skoot val,” het ’n ongevalle-suster glo óók hier aan haar gesê toe Lindeque weer daar om hulp gaan vra het.

’n Dokter het haar ’n rukkie oor die huilende vrou ontferm en Lindeque het haar gesmeek om medisyne voor te skryf.

“Ek kan jou nie help nie, want ek sal my werk verloor, maar hier sal jy doodgaan,” het dié volgens Lindeque gesê.

Sy is hierna vir die sesde keer terug na saal 21 toe, waar sy deur ’n verpleër toegesnou is om self medisyne te kry.

“Gaan koop self jou medisyne. Julle wittes het mos almal geld,” het hy glo gesê. Dit is toe dat ook hy haar toegesnou het dat wit mense wil hê dat alles vir hulle gedoen moet word.

Lindeque is onverrigter sake daar weg en is verlede week deur haar seun, Jean (26), na ’n dokter in Pietersburg geneem waar sy nou private behandeling vir hartversaking ontvang.

Beeld het die Gautengse gesondheidsdepartement drie weke gelede per e-pos van die beweerde voorval ingelig en kommentaar gevra. Talle oproepe is daarna na die woordvoerder gemaak, mnr. Mandla Sidu, wat gister uiteindelik gesê het hy kan nie kommentaar lewer nie omdat hy die laaste tyd self siek was.

– Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/7084d31b169848aa870f17e44258214a/18-12-2009-11-00/%E2%80%98Julle_wittes_het_mos_baie_geld,%E2%80%99_moet_siek_vrou_hoor

One Response

  1. die vrou moet in elk geval van haar kop af wees om aan te dring om in Baragwanath opgeneem te word. Lees sy nooit die nuus nie?Mense word opgeneem vir 'n ingroei toon nael en gaan dood van aanranding in Baragwnanth. Of van een of ander pes, of net bloot omdat die swart verlpleers jou doodslaan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: