Bekende egpaar op hul kleinhoewe in Kranshoek vermoor

2009-10-12 23:55

Jackie Kruger

George

Die lyke van ’n bekende egpaar van Plettenbergbaai is gistermiddag in hul huis op hul kleinhoewe in Kranshoek gevind, skaars ’n maand nadat ’n bejaarde vrou van Wittedrift, omtrent 7 km verder, in haar huis oorval en vermoor is.

Die lyke van mnr. Willie le Roux (53), ’n bekende bouer, en sy vrou, Julie (50), is elk met ’n skietwond aan die voorkop op die kleinhoewe Hog’s Hollow gevind, het kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Die lyke is omstreeks 14:00 ontdek toe die polisie inligting opgevolg het nadat Le Roux se BMW Sondagmiddag verlate naby ’n opleidingsentrum in KwaNokuthula, ’n woonbuurt buite Plettenbergbaai, gevind is.

Volgens Pojie is die kleinhoewe aanvanklik ook verlate gevind, maar by nadere ondersoek is mev. Le Roux se lyk in die slaapkamer op die bed gevind en dié van haar man in ’n ander gebou op die werf. Albei was vasgemaak.

Die motief vir die moord was waarskynlik roof, hoewel talle waardevolle artikels, soos ’n haelgeweer, steeds in die huis was. Twee skootrekenaars word egter vermis, het Pojie gesê.

Volgens hom het ’n familielid Saterdagmiddag die laaste keer telefonies met Le Roux gepraat. Die egpaar is vermoedelik tussen Saterdagaand en gisteroggend vermoor, het hy gesê.

Mnr. Theo Terblanche, ’n inwoner van Kranshoek, het gesê almal in die omgewing is keelvol vir misdaad.

Me. Johanna Blignault (78), wie se man, George, jare lank die onderhoof van die Hoërskool Wittedrift was, is op 19 September na bewering deur twee minderjariges, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, in haar agterplaas oorval en vermoor.
Ván Blignault se besittings is later in bosse naby ’n huis in die Green Valley-woonbuurt gevind, waar die minderjariges in hegtenis geneem is.

Pojie het ooggetuies wat met inligting kan help, gevra om die ondersoekbeampte, insp. Theodore Windvogel, by 044 533 3121 of 073 168 8808 te bel. Die polisie ondersoek ’n dubbele moord.

– Die Burger

Oorsprong:Die Burger
http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/ecbca5912a9148da9d4f276371654556/12-10-2009-11-55/Bekende_egpaar_op_hul_kleinhoewe_in_Kranshoek_vermoor

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: