Boewe oorval man in lapa, skiet hom in kop


Jul 24 2009 08:19:29:193PM – (SA)

Hilda Fourie

’n Man is in die ooste van Pretoria dood nadat aanvallers hom in sy lapa oorval en in die kop geskiet het.

Mnr. Johann Blignaut (54) van Moreletapark wat vroegoggend in sy lapa op sy skootrekenaar gewerk het, is op die toneel dood. Die misdadigers het niks geroof nie.

Insp. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het gesê Blignaut het elke oggend omstreeks 05:00 só in sy lapa gewerk.

Minstens twee van die aanvallers het panele van ’n voorafgegote betonmuur uitgebreek en só in die erf ingekom.

Volgens Lightfoot het ’n familielid wat in ’n kamer langs die lapa woon twee vreemde stemme en toe die skote gehoor.

Die familielid het nie ’n stryery gehoor waarin Blignaut betrokke kon wees nie.

Blignaut is vermoedelik in die kop getref waarna hy op die grond neergeslaan het. Sy kop het met die val ’n skerp voorwerp getref.

Lightfoot het gesê die motief vir die moord is onbekend omdat die mans weg is sonder om enigiets te roof.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2541863,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: