3 skote en hy leef – 2 skote en boef nie

Mnr. Nicolaas Els wys hoe ‘n rower se skoot hom net-net gemis het. Foto: Brendan Croft

Jul 24 2009 07:43:39:970AM – (SA)

Retha Grobbelaar

’n Krugersdorpse man wat al sewe keer beroof is, het gister ’n rower doodgeskiet nadat dié hom naelskraaps gemis het.

“Hy het drie skote geskiet en my nie getref nie. Ons was omtrent net ’n halfmeter van mekaar. Dalk is hy ’n lousy shot, maar ek dink dit kom van Bo af,” het mnr. Nicolaas Els (37), bestuurder van ’n skrootmetaalonderneming, aan Beeld gesê.

Els het vroeër vermoed die onderneming, Linishers Scrapmetals in Chamdor, gaan beroof word. Vier mans was eergisteroggend daar om ’n motor se bakwerk te verkoop, het hy gesê.

Dieselfde vier mans het die middag weer daar aangekom en die werkers gevra hoe laat die onderneming oopmaak.

Die mans het weer gisteroggend soontoe gekom om draad te verkoop.

“Ek is al sewe keer beroof. Ek weet al hoe werk hul koppe. Hulle het rondgekyk en vrae gevra. Ek het hulle verdink.”

Om 08:00, enkele minute ná die draadtransaksie, het twee mans by die onderneming aangekom. ’n Derde het buite gewag.

“Ek het niks vir hulle gesê nie en Patrick, een van die werkers, geroep. Ek wou nog die hek van die kantoor sluit, toe ruk hulle vuurwapens uit. Ek het vir my vuurwapen gegaan en ons het op mekaar geskiet. Hy het net bly kom en kom. Ek het die een in die kop en bors getref. Hy het geval en daar was net bloed.”

Dié rower is later in die hospitaal dood. Sy makkers het weggehardloop met sowat R20 000 wat Els in ’n banksakkie in sy baadjiesak gehou het.

“My oë was op die vuurwapen, toe gryp die ander een die geld. Eerder my lewe as geld. Jy kan altyd weer geld maak, maar as ek vandag geskiet was, wie sorg vir my vrou en kinders? Ek is nie Rambo nie,” het hy gesê.

Die polisie soek nog na die ander rowers, het insp. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, gesê.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2541433,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: