Verlamde in hospitaal vir skok nadat pa geskiet is

Jul 20 2009 09:05:47:463PM – (SA)

Hilda Fourie

’n Dag nadat sy pa geskiet is, is dr. Cival Mills (34), wat aan inkluissindroom ly, weens skok in die hospitaal opgeneem.

Me. Isobel Fowler, bemarkingsbestuurder van die Unitas-hospitaal, het gesê hy word behandel.

“Dit gaan baie goed met hom en hy vra uurliks hoe dit met sy pa gaan.” Hy sal vir minstens nog twee dae in die hospitaal aanbly vir waarneming.

Me. Sarie Odendaal, ’n vriendin van Mills, het gesê dit gaan onder omstandighede goed met pa en seun.

Dr. Neville Mills (63), ’n dokter van Evander, is Saterdagaand by sy huis in dié dorp deur rowers geskiet.

Mills sr., wat op sy bed gelê het, het uit sy kamer gehardloop toe hy sy vrou, Ria (61), gehoor skree het toe die rowers dreig om Mills jr. te skiet.

Mev. Mills en Mills jr. was omstreeks 23:00 in die sitkamer besig om op hul skootrekenaars te werk toe twee rowers deur ’n oop skuifdeur die huis binnegekom het.

Een van die rowers het ’n pistool teen Mills jr. se kop gehou en gedreig om hom te skiet.

Mills jr. kan net sy oë en sy linkerhand se duim en wysvinger beweeg.

Dis toe dat mev. Mills geskree het.

Mills sr. is ná die voorval na die Unitas-hospitaal in Centurion gejaag waar sy een nier verwyder is. Hy is in die hoësorgeenheid opgeneem. Me. Melisha Pather, hospitaalwoordvoerder, het gesê sy toestand is stabiel.

Volgens Odendaal is Mills jr. eergisteraand in dieselfde hospitaal as sy pa opgeneem.

“Cival se gees is onblusbaar,” het Odendaal gesê. “Hy kla glad nie. Hy sal dood neerslaan voordat hy sê dit gaan sleg.

“Vir hom is elke terugslag net nog meer rede om aan te gaan.”

Mills jr. is bykans agt jaar gelede verlam toe sy motor ’n paar honderd meter van die Shongwe-hospitaal naby Malalane in die Laeveld teen ’n boom gebots het.

Hy het bekendheid verwerf toe hy sowat twee jaar gelede aangewys is as wenner van Mpumalanga se Fundza for Fun (Lees is Pret)-skrywerskompetisie vir sy boek, This too will pass.

Dit het hom vier jaar geneem om dié boek met sy linkerduim op ’n skootrekenaar te skryf.

Hy het ook ’n rekenaarmuis ontwerp wat hom in staat gestel het om met sy een vinger net so vinnig te tik soos voordat hy verlam is.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2540455,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: