Steve wil weduwee sien ná man doodgeslaan is

Jun 09 2009 08:24:02:333PM – (SA)

Gloria Edwards

Die sanger Steve Hofmeyr wil die vrou en seun ontmoet van die oud-rugbyspeler wat gesterf het nadat hy ná een van Hofmeyr se konserte aangerand is.

Beeld het gister berig hoe vier jong Paki?stani-mans mnr. Andries Pieters (39) glo Saterdagnag ná die vertoning buite die Carnival City-casino in Brakpan se Privé-ingang voor sy vrou, Lizette, aangerand het. Pieters het vroeër vir die Brakpan-rugbyklub, asook Oos-Transvaal (nou die Valke), rugby gespeel.

Hofmeyr het mev. Phia Miller, Pieters se suster, gister gebel.

“Hy het gesimpatiseer en gesê hy dink aan ons en is jammer oor die voorval. Hy was baie nice en het gesê hy hoop geregtigheid sal geskied. Ons hoop ook hiervoor.”

Volgens Miller wil Hofmeyr Lizette en haar seuntjie, Keanu (5), besoek wanneer sy beter is.

“Lizette vat dit nog baie swaar. Sy is so geskok, sy kon nog nie praat nie.”

Lizette moes toekyk terwyl haar man so geskop en geslaan is dat hy in ’n koma verval het.

Hy is met massiewe breinskade na die Unie-hospitaal in Alberton geneem, is Sondag breindood verklaar en is Maandag dood.

Veiligheidsbeamptes het glo ingegryp toe Pieters aangerand is. Volgens mnr. Derek Panaino, hoofbestuurder van dié casino, het veiligheidsbeamptes die geveg gestop. “Ons paramedici het Pieters behandel en die nooddienste ontbied om hom na die hospitaal te vervoer. Ons innige simpatie met die Pieters-gesin.”

Me. Yolanda Bester, woordvoerder van dié casino, het gesê die veiligheidsbeamptes het die vier mans vasgetrek en die polisie ontbied. “As die veiligheidswagte nie ingetree het nie, sou die mans dalk weggekom het.”

Bester het gesê beelde van die veiligheidskameras in die gebied het bevestig dat die wagte wel die geveg gestop het.

Miller het gesê die gesin bevraagteken steeds die wagte se optrede. “Hulle het dalk nie gedink dit sal so ernstig uitdraai nie en teen die tyd dat hulle ingegryp het, was dit te laat.”

Die vier verdagtes het reeds in die Brakpan-landdroshof verskyn. Mnre. Mohammed Jabban (21), Raadhil Omar (19), Naheed Khan (21) en Nihal Khan (18) sal in polisie-aanhouding bly totdat die saak weer op 17 Junie voorkom. Pieters se gedenkdiens vind môre om 14:00 by die NG Kerk Dalpark plaas.

Beeld het gister verneem dat veiligheidswagte na bewering “niks gedoen het nie” toe twee vroue glo op 23 Mei deur twee mans in die Platinumkaart-ingang vasgekeer is.

Dié mans het glo rassistiese opmerkings teenoor mee. Elise Spies (45) en Bonita van Zyl (43), twee vriendinne, gemaak toe hulle die casino wou verlaat.

“Hulle was duidelik dronk en het met drankglase in hul hande gestaan en geskreeu: ‘Here come the whities!’ Toe druk hulle die deur toe en keer tien minute lank dat ons kan uitgaan. Die veiligheidswagte het eers ná ’n ruk gesê die mans moet die deur oopmaak,” het Spies gesê.

Die vroue het nog nie die voorval by die casino se bestuur aangemeld nie. Toe Beeld Bester gister daarvan sê, het sy onderneem om dit dadelik te ondersoek.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2528146,00.html

One Response

  1. Andre Kuhn a X-traffic officer from Springs recieved the kidney and pancreas he was on the transport list for a long time.It is a very sad story but someone else dad is going to live a better life.Hopefully those responsible will be punished.Our prayers go out to the deseased family.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: