Kom kyk na lys van 3 000 vermoorde boere

Jun 11 2009 05:57:33:253PM – (SA)

Blade het lem in vir kampusse

Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder: kommunikasie van die TLU SA, skryf:

Hoe dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en sekretaris-generaal van die SAKP, die reeds voosgeslaande boere by sy transformasiegrille by universiteite wil betrek, laat ’n mens werklik verstom (“Blade het lem in vir kampusse”, 11 Junie).

Hy haal weer ’n storie aan van ’n “wit” boer wat ’n swart arbeider doodmaak deur hom agter ’n bakkie aan te sleep.

Terwyl hierdie kommunistiese grootbaas dan nou weer hierdie sake wil ophaal, is dit nodig dat van boere-kant af weer gewys word dat sowat 3 000 boere al op hul plase deur hoofsaaklik “swart” bendes en arbeiders vermoor is.

Natuurlik is dit onverskoonbaar as ’n boer sy arbeider so sou mishandel of vermoor. Maar dit is beslis nie ernstiger as die skynbaar georganiseerde moord op die mense wat die kos produseer wat Nzimande elke dag met behaaglikheid eet nie.

Hy maak weer propaganda van die uitsondering op die reël, want die reël is dat boere hul arbeiders goed en met respek behandel, want die arbeiders speel ’n belangrike rol in suksesvolle boerdery en in volhoubare voedselvoorsiening.

Ek is seker Nzimande kan nie ’n lys van 3 000 vermoorde plaaswerkers voorlê nie. Maar hy kan maar by TLU SA kom kyk na die name van die 3 000 vermoorde boere!

Al waarop die boere nou kan hoop, is dat die minister en die adjunkminister van landbou nou dadelik en sonder versuim sal opstaan en hul kommunistiese kollega tot orde sal roep.

Die boere verwag dit van hulle.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2528884,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: