Sakeman getuig oor nag van hel

May 26 2009 02:00:58:800PM – (SA)

Carryn-Ann Nel

Kaapstad. – Sy het gehuil waar sy opgekrul by die ingang van die deur gelê het. Haar hande was met ‘n telefoonkoord vasgebind. Haar eerste woorde was: “Ek is verkrag.”

‘n Sakeman van Gordonsbaai het gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig oor die nag waarin hy en sy gesin beroof en met messe gedreig is nadat ‘n groep mans moontlik deur ‘n oop venster gekruip het.

Sy swanger verloofde is in die voorval na bewering verkrag.

Dit is ook dieselfde nag toe sy buurvrou, me. Joy Retief van Aarde (78), of “aunty Joy” soos hulle haar geken het, met ‘n vleishamer vermoor is.

Die nege beskuldigdes wat van die misdade verdink word – mnre. Luyanda Zaza, Simon Lolo, Mzamu Ncwana, Thembile Ngxowe, Siyathemba Tshanyela, Lungile Mayo, Thomas Baraza, Vuyile Msaseni en Siyabonga Zanzele – ontken skuld op die aanklagte teen hulle. Zanzele staan alleen tereg op die aanklag van verkragting van die vrou.

Die sakeman – wie se naam nie genoem word nie om die identiteit van sy verloofde te beskerm – het gister in detail getuig oor die nag van geweld van 21 Mei 2006.

Sy het hom die aand wakker gemaak nadat sy iemand in die huis gehoor het. Hy het na sy seun se kamer geloop en ‘n man by die trap sien staan. “Hy het só met ‘n mes in sy hand gestaan,” het hy getuig en sy hand regs en bo van sy gesig gehou. “Ek was natuurlik bang. Hy het my begin aanval, maar ek het net probeer om die mes van af my te hou. Daar het binne ‘n paar sekondes nog mense bygekom.”

Hierna het hy gevoel hoe sy lyf brand. Hy is “getik” met ‘n mes, só dat die mure met bloed bevlek was.

Een van die aanvallers het hierna die hoofslaapkamerdeur oopgeskop en die sakeman op die bed gedruk. Sy gesig is afwaarts gedruk en sy hande met ‘n deel van sy kamerjas vasgemaak. “Die ou aan my regterkant het my glad nie toegelaat om op te kyk nie.”

Uit die hoek van sy oog het hy gesien hoe sy verloofde deur een van die mans weggelei is. “Ek het aangeneem hulle het nog goed in die huis gaan soek.”

Hy het vir tussen 10 en 20 minute op die bed gelê. In dié tyd het hy sy seun (wat ook vasgebind op die bed gelê het) se hand vasgehou om vir hom te sê als gaan oukei wees, het hy getuig.

Nadat die groep mans in sy bakkie weggery het, het hy homself losgemaak en na sy verloofde gaan soek. Hy het haar by die ingang van sy kantoor gekry.

Hy het gister in die hof gesê vier van die beskuldigdes (beskuldigdes 2, 6, 7 en 9) se gesigte lyk vir hom bekend, maar hy kon nie sê waar hy hulle gesien het nie.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2522366,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: