‘My naaste pel is vir bokkerol geskiet’

Mnr. Bernie Leibbrandt

May 28 2009 08:40:19:973PM – (SA)

Hilda Fourie

’n 80-jarige vrou het gisteroggend op die lyk van haar vermoorde stiefseun voor sy motorhuis op sy kleinhoewe in Mnandi, Centurion, afgekom.

Mnr. Bernie Leibbrandt (66) is in die kop geskiet.

“Hulle het net sy selfoon gevat. Nie sy nuwe Mercedes-4×4-bakkie nie. Niks, niks. Bokkerol,” het sy beste vriend, mnr. Rudolph du Plessis (43), gesê.

“Dit was nie ’n rooftog of ’n huisbraak dié nie, maar moord.”

Leibbrandt het eergisteraand by Du Plessis, wat ook in Mnandi woon, gekuier. Kort voor 21:00 is Leibbrandt terug na sy kleinhoewe. Dit grens aan die Gardener Ross-gholflandgoed, wat deur Ernie Els ontwerp is.

“Hy het op sy kleinhoewe aangekom en hy is in die kop geskiet,” het Du Plessis gesê.

“Hy het nog op die aartappels geval wat ek vir hom saam huis toe gegee het.”

Me. Rosaly Seidler, Leibbrandt se vriendin, het gesê sy stiefma, me. Vera Leibbrandt (80), het gisteroggend omstreeks 08:00 op sy lyk voor die motorhuis afgekom. Me. Leibbrandt woon in ’n ander huis op dieselfde kleinhoewe.

Sy het bekommerd geraak toe hy nie sy selfoon antwoord nie en hom toe by sy huis gaan soek.

Seidler het gesê daar was van Leibbrandt se besittings op die stoep, maar niks behalwe sy selfoon is weg nie.

“Dit is hartseer en sinneloos hierdie. Ek weet nie wat die motief kan wees nie,” het sy gesê.

Volgens Du Plessis was Leibbrandt in sy jong dae ’n fantastiese krieketspeler. Hy het vir die Harlequins-krieketklub gespeel.

“Ek is bitter hartseer dat iemand dit aan my pêl gedoen het,” het Du Plessis gesê.

“Hy het ’n hart van goud gehad. Elke mens wat hy ontmoet het, was mal oor hom.

“Ek is sy closest pel. Hy was soos ’n pa vir my.

“Ek is hartseer hier waar ek sit.”

Die polisie ondersoek volgens kapt. Dumisani Ndlazi, woordvoerder, ’n saak van moord.

Leibbrandt laat twee dogters en ’n seun, almal in hul 30’s, agter. Die kinders is in Engeland en Nieu-Seeland.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2523736,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: