Sterf toe hy sy gesin beskerm

May 12 2009 10:50:37:177PM – (SA)

André Damons en Amanda Roestoff

’n Pa van drie kinders is eergisteraand by sy huis in Sundowner in Randburg, Johannesburg, doodgeskiet nadat hy met sy kaal hande teen gewapende rowers geveg het om sy gesin te beskerm.

Mnr. Keith Ward (58), ’n verkoopsman, het omstreeks 19:36 van die werk af by sy huis in Putticklaan gekom en ’n groep rowers in sy oprit aangetref.

Ward se vrou en drie kinders van twee, 13 en 19 jaar oud het hulself in die hoofslaapkamer toegesluit en die noodknoppie gedruk, het insp. Karen Jacobs, polisiewoordvoerder, gesê.

Die familie wou nie die vrou en haar drie kinders se name bekend maak nie.

Luidens ’n verklaring deur die familie het Ward se gesin bewus geword van die aanvallers toe die hond begin blaf het. “Hoewel hy nie gewapen was nie, het hy sy gesin probeer beskerm en ’n struweling het ontstaan. Hy is drie keer geskiet.”

Die verklaring lui voorts Ward is dood terwyl sy gesin deur die venster gekyk het om te sien wat aangaan.

“Die vrou het ’n man met ’n blou-en-geel sportbaadjie by die kombuisvenster gewaar waar hy ’n pistool op haar gerig het. Die vrou het gehoor hoe skreeu haar man om hulp en toe gaan ’n skoot af,” het Jacobs gesê.

Luidens die verklaring het Ward se 19-jarige dogter haar ma uit die pad gestoot toe die rower die pistool op haar gerig het.

Veiligheidswagte wat op die noodalarm gereageer het, het Ward in die motorhuis, wat in ’n ontspanningskamer omskep is, buite die huis aangetref.

Jacobs het gesê hoewel daar ander items in die kamer was, het die rowers net ’n rekenaarkas gevat en gevlug omdat hulle waarskynlik geskrik het.

Volgens mnr. Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het een van die koeëls Ward teen die kant van kop getref. “Ongelukkig was sy beserings te erg en het hy baie bloed verloor en is op die toneel dood. Sy vrou en kinders is gelukkig nie beseer nie, maar erg getraumatiseer.”

Volgens hom het van hul traumaberaders na die gesin omgesien. Die erg getraumatiseerde gesin is steeds bang om die huis te verlaat.

Die polisie ondersoek sake van moord en roof en het gevra dat enigiemand met inligting insp. Jan de Bruyn, ondersoekbeampte, by 079 694 6843 bel.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2515497,00.html

One Response

  1. EK WENS DIT KAN STOP EK HET TOT NOUAL UIT DIE LAND GETREK OM VAN SULKE GOED WEG TE KOM MAAR DIT KLINK MY NIE DIT STOP NIE.DIT IS BAIE STRESVOL VIR MY EN EK IS NIE EERS DAAR NIE.EK IS BAIE BEKOMMERD OOR MY FAMIELIE EN VRIENDE.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: