Boer vermoor wyl vrou naarstig patrone soek

‘Grootste Bul-aanhanger in hemel’ Mev. Bella Honeyborne vertel hoe sy desperaat na koeëls vir hul vuurwapens gesoek het voordat haar man doodgeskiet is. Foto: Cornél Van Heerden

May 01 2009 10:10:48:950PM – (SA)

Herman Scholtz

Middelburg. – ’n Boer wat ’n paar jaar gelede bygebring is nadat sy hart weens ’n bye-aanval gaan staan het, het gister met plaasaanvallers se 9 mm-koeël in sy bors gesterf.

“Die wêreld se grootste Blou Bul-ondersteuner is nou in die hemel,” het mnr. Hennie Snyman, ’n familielid van mnr. Piet Honeyborne (50), gesê.

Honeyborne se vrou, Bella, het voor die moord “histeries” na patrone vir die sowat tien vuurwapens in die huis gesoek. Sowat vyf aanvallers het gisteroggend omstreeks 01:00 by die huis op die plaas Goedehoop by Blinkpan ingebreek en deur die kamers begin loop.

“Hulle het Ouma (die 98-jarige mev. Gerda Honeyborne) in haar kamer gekry en rondgesleep,” het Bella gesê.

“Ons was in die kamer aan die agterkant van die huis en het gehoor hoe Ouma praat, maar sy praat gewoonlik hard. Die volgende oomblik was dit asof iets op haar gesig was. Ek het gedink dis haar hondjie wat op haar gesig klim.

“Ek het opgestaan om te gaan kyk en in ’n man (in die gang) vasgeloop.”

Sy het hom gevra wat hy doen en hy het op haar afgestorm.

“Ek het die rewolwer in sy hande gesien en teruggehardloop kamer toe.”

Sy het oor ’n klein trappie gestruikel en oor die kantoorvloer na die kamer gekruip.

“Ek het geskree ‘Help! Hy het my!’ toe my man verby my gang se kant toe storm met net ’n onderbroek en hemp aan.”

Sy het haarself in die kamer toegesluit en die ligte aangeskakel, maar toe nóg twee boewe by die kamervenster gesien en die ligte afgeskakel.

“Ek het platgeval en om die bed gekruip na die bedkassie waar die rewolwer is. Daar was nie patrone in nie.”

Familielede het eergister met die gewere gaan skiet en nuwe patrone gekoop, maar nie die vuurwapens herlaai nie.

“Chantelle (haar skoondogter) het hom (Piet) nogal gevra of sy die rewolwer moet laai, maar hy het gesê ons kan dit vandag (gister) doen.”

Bella het dadelik haar seun, Pieter, en Chantelle, wat langs die hoofhuis bly, gebel om te vra waar die patrone is.

“Hulle is hier om my dood te maak! Waar is die patrone?” het sy oor die foon vir Chan-telle geskree.

Sy het dit uiteindelik in ’n klerekas gekry en twee skote deur onderskeidelik die kamervenster en badkamervenster afgevuur. “Toe was hulle al weg. Ek het Piet in die gang gekry met ’n 9 mm-koeël in sy bors.”

Hy is op die toneel dood.

Die polisie het volgens supt. Abie Khoabane, woordvoerder, gister ’n man aangekeer wat dalk met die moord verbind kan word.

Die motief vir die misdaad is nog onbekend. Sover bekend is niks uit die huis gesteel nie.

Honeyborne se bejaarde ma is gisteroggend hospitaal toe geneem en sterk steeds aan ná erge trauma.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2510004,00.html

One Response

  1. So leer ons maar uit ander se optredes hoe om meer bedag, verantwoordelik, en opletend te wees.

    ‘n Mens moet jou veiligheid no. een op die preoriteits lys sit – die gebeurtenisse om ons laat geen ander keuse vir dit nie. So ook die na aan jou en om jou.

    Vuurwapens is daar vir ‘n rede en dit moet gereed wees sodat vir daardie rede gebruik kan word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: