Jeffreysbaai-moord: minderjarige meisie gee haar oor

Feb 25 2009 09:19:03:780AM – (SA)

Clarissa Venter

Port Elizabeth. – Die minderjarige vriendin van die verdagte wat na bewering ‘n vooraanstaande Jeffreysbaaise sakevrou, me. Cecile Potgieter, vermoor het, het haar self aan die polisie oorgegee.

Die meisie (16) het gister vlugtig op ‘n klag van moord in die Humansdorpse landdroshof verskyn.

Landdros Theresa Bothma het die saak tot 5 Maart vir ‘n moontlike borgaansoek uitgestel.

Kapt. Louwrens Erasmus, die ondersoekbeampte, het gesê die meisie het by die polisiekantoor opgedaag en gesê sy is ‘n medepligtige in die moord op Potgieter.

Dit kom nadat haar vriend, mnr. Franklin Stuurman (26) op die moordtoneel in hegtenis geneem is. Hy is Vrydagaand in die dak van Potgieter se huis gevind en het glo die moordwapen en Potgieter se skootrekenaar asook ander besittings by hom gehad.

Stuurman, ‘n werklose skrynwerker, het tuinwerk vir Potgieter gedoen.

Hy het Maandag vlugtig in die hof verskyn. Sy saak is tot 3 Maart uitgestel wanneer hy om borgtog aansoek sal doen.

“Die twee verdagtes se sake word apart verhoor omdat die meisie minderjarig is,” het Erasmus gesê.

Die meisie het volgens die polisie saam met Stuurman in die Oceanview-woonbuurt gebly.

Sy is na wat verneem word nie in ‘n hoërskool nie en ontvang glo tuisonderrig.

Sy word tans in die Erika Huis van Veiligheid in Port Elizabeth aangehou.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2475686,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: