Man sal kind opgee as hy na SA móét terugkom

Mnr. Daniel Labuschagne van Auckland, Nieu-Seeland, wag bekommerd om te hoor of sy gesin na Suid-Afrika gedeporteer gaan word. Heel links is sy stiefdogter, Ashleigh Joustra (18), sy vrou, Liza, en hul dogter, Amelia (6). (Foto: North Shore Times)

31/01/2009 21:30 – (SA)

Julian Jansen

Kaapstad

Hy sal eerder sy dogter in Nieu-Seeland opgee vir aanneming as om met haar na Suid-Afrika terug te keer.

Só sê ’n Suid-Afrikaanse pa wat in ’n stryd gewikkel is om in Nieu-Seeland te bly nadat sy werkpermit verstryk het.

Mnr. Daniel Labuschagne, ’n veiligheidswag by die Chubb-veiligheidsmaatskappy, sy vrou, Liza, hul dogter, Amelia (6), en haar dogter Ashleigh Joustra (18) het in Junie 2006 na Nieu-Seeland geëmigreer.

Volgens die Nieu-Seelandse immigrasiedienste is daar egter nie tans ’n behoefte aan veiligheidswagte nie en kan Labuschagne se pos “maklik” deur ’n Nieu-Seelander gevul word.

Die gesin is “platgeslaan” oor die vooruitsig om na Suid-Afrika terug te keer. Hulle is bekommerd oor die hoë misdaadsyfer hier.

Labuschagne het aan die North Shore Times vertel hy vrees vir sy kinders se lewe en die veiligheid van sy gesin.

Hulle het juis besluit om te emigreer nadat hulle in Suid-Afrika onder misdaad deurgeloop het.

Sy vrou wou geld aan ’n bedelaar by ’n verkeerslig gee, maar haar motorvenster is stukkend gegooi en haar handsak gegryp.

Glasstukke het op Amelia (toe nege maande oud) geval.

Daarby is ’n bejaarde familielid deur vyf aanvallers by ’n kitsbank beroof.

Die einde was toe Ashleigh verlede jaar tydens’n besoek aan Suid-Afrika op haar 18de verjaardag aangeval is.

Ashleigh is tans in haar dertiende skooljaar aan die Westlake Girls High School en sy vrees dat die krediete van haar nasionale sertifikaat van opvoedkundige prestasie nie by ’n Suid-Afrikaanse universiteit aanvaar sal word nie.

Amelia, sê Labuschagne, praat met ’n Kiwi-aksent en ken die volkslied van Nieu-Seeland.

Nieu-Seeland hernieu nie outomaties werkpermitte nie. ’n Versoek van Labuschagne se werkgewer dat hy daar bly, word nou opgeweeg teen ’n werk- en inkomsteskatting van die plaaslike arbeidsmark.

Labuschagne het gister aan Rapport gesê “dinge lyk op die oomblik goed vir ons”. Hy hoop om teen Vrydag ’n antwoord te hê.

• Bron: North Shore Times

Oorsprong:Rapport
http://www.news24.com/Rapport/Wereld/0,,752-2459_2462227,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: