Pa van 3 in rooftog doodgeskiet

Mnr. Christo Jordaan, wat Vrydagaand in sy huis vermoor is, saam met sy vrou, Koekoes, hul dogter, Nicolene (22), en Ruan (13), hul seun.

Nov 16 2008 10:19:03:943PM – (SA)

Sonja van Buul

Vanderbijlpark. – ’n Jong vrou het Vrydagaand hier langs haar sterwende pa gesit en hom gesmeek om nie dood te gaan nie nadat hy deur rowers geskiet is.

“Pappa, pappa, moenie doodgaan nie. Ons is lief vir jou,” het me. Nicolene Jordaan (22) vir haar pa gesê.

Mnr. Christo Jordaan (41), sy vrou, Koekoes (41), en twee van hul kinders is deur twee rowers in hul huis aangeval.

Jordaan is doodgeskiet terwyl sy seun, Ruan (13) agter die kroeg weggekruip en Nicolene (22) gebad het.

“Ek was in die kombuis besig met wasgoed. Toe ek omdraai, het ek in die een rower se gesig vasgekyk,” het mev. Jordaan gister gesê.

Die rowers het vermoedelik oor die muur geklim om toegang tot die huis te kry. Die kombuisdeur was oop.

Volgens mev. Jordaan het die man haar stilgemaak toe sy gil en ’n 9 mm-pistool in haar gesig gedruk.

Die ander rower het na die televisiekamer gegaan waar Ruan en sy pa was.

Die eerste skoot het afgegaan toe mnr. Jordaan die rower se hand weggeklap en die koeël in die gangmuur vasgeslaan het. Ruan het hierna agter die kroeg gaan wegkruip.

“Christo het met brute krag die rower in die gang voor hom uitgestamp om hom uit die huis te kry, maar toe hulle in die kombuis kom, het eers die een en toe die ander rower op hom losgebrand en hulle uit die voete gemaak,” het mev. Jordaan gesê.

“Nicolene het uit die badkamer gestorm terwyl die skote klap, maar ek het haar teruggejaag.”

Mev. Jordaan het die nooddienste ontbied terwyl Nicolene en Ruan hul pa probeer moed inpraat het.

“Christo het sy gesin beskerm,” het mnr. Fanie Jordaan, sy broer, hartseer gesê. “ ’n Mens kan nooit versigtig genoeg wees nie. Christo het my altyd gespot en gesê ek is ’n bangbroek as ek die deure so toesluit en nou is hy dood.”

Christo Jordaan word ook oorleef deur hul ander dogter, Monique (20), wat by die werk was tydens die rooftog en sy ma, mev. Margriet Willemse.

Oorsprong:Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2427388,00.html

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: