Die rassistiese ster op die Springboktruie

Deur Anton Barnard.

03 November 2008

Die Springbokke (as dit is wat die span nog teen daardie tyd gaan heet) gaan op hulle toer na die Britse Eilande sogenaamde sterre teen rassisme op hulle truie moet dra.

Sowat van ‘n naakte klap in die gesig moes blankes lanklaas verduur, nieteenstaande die Beeld se afstootlike paaiery oor die aangeleentheid in sy hoofberig nie. Dit ly geen twyfel dat rugby ‘n oorweldigend blanke sport is nie, veral in die noordelike provinsies van die land.

Rugby en slegs rugby word geteiken deur hierdie veldtog. Dit is uiters insiggewend dat geen sokkerspan – nie die hopelose Bafana-Bafana of klubspanne soos Orlando Pirates – aan soortgelyke vernedering onderworpe is nie.

Dít, ten spyte van die feit dat minstens 3000 blankes elke jaar vermoor word, nie deur ander blankes nie, maar meestal deur lede van ander rassegroepe, ook dié wat sokker ondersteun. Blankes is aan die ontvangkant van staatsrassisme soos regstellende aksie wat deur die swart ANC regime gepleeg word. Blankes se kultuur en geskiedenis word stelselmatig deur die regime uitgewis, met die jongste voorbeeld die gedwonge veranderinge van Pretoria se straatname.

Na regte hoort elke sportspan in Suid-Afrika ‘n swart armband te dra as ‘n teken van rou oor die etniese reiniging wat teen blankes, hulle kultuur, taal en geskiedenis gepleeg word, maar dit gebeur uiteraard nie. ‘n Skedel en beendere op sokkertruie sou baie van pas gewees het, gegewe die geweldsituasie in Suid-Afrika. Dit is egter slegs een baie spesifieke sportsoort, en laat ons eerlik wees, grootliks ‘n blanke sport, en sy ondersteuners wat geteiken word.

‘n Groot ironie is dat die sogenaamde rassistiese voorval wat onlangs tot die eerste anti-rassistiese simbole op provinsiale truie gelei het, die een by Ellispark, later geblyk het om ‘n volslae leuen te wees. Die sogenaamde slagoffer, ‘n swart vrou, het SARU verneder deur nie by hulle propaganda-geleentheid perskonferensie op te daag nie. Daar was 55000 toeskouers, maar ten spyte hiervan en ‘n R10000 beloning, kon geen skuldiges nog identifiseer word nie.

In die Derde Reich het die Nazi’s Jode geel sterre op hulle truie maak vasstik. Dit het Jode maklik herkenbaar gemaak as ‘n gerieflike sondebok vir alles wat verkeerd was in die samelewing. Insgelyks is die sogenaamde anti-rassisme ster op Springboktruie die presiese ekwivalent van die Jude-sterre wat die Jode in die 1930’s en 1940’s moet dra.

Dis ‘n ster van skaamte; een wat een etniese groep uitsonder, met die doel om hulle, en slegs hulle, as die pleërs van rassisme uit te wys. Die land se infrastruktuur stort in duie, anargie vier hoogty, en wie se skuld is dit, te oordeel aan die sterre op die truie? Die vraag is waarom enige blanke nog enigsins die moeite doen om ‘n sport te ondersteun wie se bestuur sulke blatante, Nazi-agtige propaganda teen sy eie ondersteuners besig. Dis asof Jode die Derde Reich entoesiasties sou befonds.

Ek doen ‘n beroep op alle blankes: Stem asseblief met u voete. Moet onder geen omstandighede weer ‘n kaartjie na ‘n Springboktoets koop nie, totdat SARU aan blankes om verskoning vra vir sy onverskoonbare verkondiging van etniese haat teen ons nie.

Oorsprong:Samizdat Blog
http://afrikaansegeskrifte.blogspot.com/

2 Responses

  1. Laat my baie dink aan die geel sterre wat die Jode van Europa tydens die Nazi tydperk moes dra. En die Nazi-wetgewing het hulle ook uit die arbeidsmark geweer, hulle was nie toegelaat om hul eie wonings en besighede te besit nie, hulle is van hul grondgebied gejaag en as hulle buite ‘hul eie’ ghettos was, moes hulle altyd die Geel Ster dra. Hulle besluit is baie soos teen gewaarsku word in hierdie verslag: http://www.genocidewatch.org/BoersSlain01.htm van die wereld se beste ekspert op die gebied van volksmoord.Een van die dae verwag ek nog dat elke blanke in Suid-Afrika dit sal moet begin dra, nie net sportmense nie. Dis nog maar net die begin!

  2. And we roll over and play dead. Fok die rugby en sy rasitiese bestuur

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: