Vleishaak-aanval: Ontstelde boere ruk op by hofverskyning

2010-01-09 01:33

Jan van der Merwe

Senekal. – Meer as 100 ontstelde boere het gister by die landdroshof hier opgeruk vir die eerste verskyning van die twee verdagtes wat ná die grusame moord op die Van Zyl-egpaar van die distrik aangekeer is.

“Waar was die pers vandag? Waar was die televisiekameras? As ’n boer ’n plaaswerker vermoor het, was daar vandag ministers ook hier. Plaasmoord is net te gewoon,” het mnr. Fanie Ferreira, voorsitter van die Emdonia-boerevereniging, die algemene gevoel opgesom.

’n Gevoel van verslaentheid heers steeds in die boeregemeenskap, het hy gesê. “Die ouens is kwaad.”

Mnr. Petrus Ndaba (29) en mnr. Pule Jacob Mpanyane (22) staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal van ’n motorvoertuig en veediefstal ná die moord Dinsdagaand op mnr. Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), op hul plaas Poortjie tussen Senekal en Steynrus.

Die twee verdagtes het vlugtig verskyn.

Die verhoor is vir verdere ondersoek tot 1 Februarie uitgestel.

Die verdagtes wil ook om regshulp aansoek doen.

Hulle het nog nie om borgtog aansoek gedoen nie en bly in aanhouding.

Die egpaar is eers wreedaardig met ’n vleishaak aangerand en daarna albei met hul eie haelgeweer in die bors doodgeskiet.

Die een verdagte, wat ’n plaaswerker op die plaas was, is op die dag van die moord afgedank.

Hy is Woensdag in die egpaar se dogter, Marietjie, se voertuig naby Odendaalsrus aangekeer.

Die polisie het dieselfde dag by die ander verdagte op die plaas Driepunt by Steynsrus een van die egpaar se selfone gekry.

Ferreira het gesê die ergste vir hom was om die egpaar se dogters se hartseer te aanskou.

Estie, ’n onderwyseres op Ventersburg, en die jonger dogter, Marietjie, ’n kandidaatprokureur in Bloemfontein, was ook by die hof.

Hul broer, Erik, sou gisteraand van Amerika, waar hy werk, in Johannesburg aanland.

Met sy koms sal die familie die egpaar se begrafnisreëlings kan tref.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ef6ae0259840479d8107ebdd0f1d1a0f/09-01-2010-01-33/Vleishaak-aanval_Ontstelde_boere_ruk_op_by_hofverskyning

Boer, vrou geskiet ná vleishaak-houe

2010-01-08 00:38

Juan van der Merwe

’n Vrystaatse boer en sy vrou is Dinsdagaand met hul eie haelgeweer doodgeskiet nadat hulle wreed met ’n vleishaak aangeval is.

’n 27-jarige voormalige plaaswerker van mnr. Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is eergister weens die moorde in hegtenis geneem. Die egpaar se plaas is tussen Senekal en Steynsrus.

Die plaaswerker, wat glo die vorige dag afgedank is, is naby Odendaalsrus in die rooi Chevrolet Aveo-sedan van die egpaar se dogter, Marietjie, aangekeer.

Die egpaar het hom glo nog R250 geskuld.

Sers. Majang Mosupa, polisiewoordvoerder, sê mev. Van Zyl het die aand van die moord vermoedelik die huis verlaat nadat hul kragopwekker afgegaan het.

Hul plaas, Poortjie, het nie Eskom-elektrisiteit nie.

Haar aanvaller, wat vermoedelik die kragopwekker afgesit het, het Van Zyl kort daarna buite die kombuis ingewag.

Hy het haar oorval en wreed met ’n vleishaak, hoofsaaklik oor die bors, asook een keer in die nek gekap.

Mnr. Van Zyl, wat sieklik was, is daarna in die kombuis oorval en twee keer met die vleishaak in sy nek en op sy kop gekap.

Hartseer gemeenskapslede sê hy was swak en sou hom nie kon teësit nie.

Die aanvaller het mev. Van Zyl se hande met baaltou vasgebind en haar deur die kombuis tot in die huis se gang gesleep.

Hy het die egpaar se haelgeweer langs hul nog opgemaakte bed in hul slaapkamer gevind. Hy het elkeen van naby met een skoot in die bors doodgeskiet.

Die verdagte het daarna met hul dogter se voertuig en hul twee selfone gevlug.

Hy het ook glo een van die egpaar se skape in die motor gelaai en iemand ’n rygeleentheid gegee.

Reserviskonstt. Thapelo Mponeng en Moeti Mokoatsi van Odendaalsrus se eenheid vir sigbare polisiëring het die voertuig waarna die polisie gesoek het eergistermiddag gesien.

Hulle het hul kollegas om bystand gekontak en die verdagte vasgetrek.

Mnr. Jan de Villiers, veiligheidsbeampte van die Emdo-nio-boerevereniging, het ’n beroep op boere gedoen om aktief deel van hul gebied se veiligheidstelsel te word.

Hy sê dit was die tweede plaasaanval in die distrik in twee weke.

Mnr. Frik Ras, ook ’n boer, is die dag ná Kersfees in ’n aanval op sy plaas beseer.

“Dit is ’n neiging wat sedert 1994 aanhou. Die ouens wat oorbly, gaan moet leer om na hulself te kyk,” sê De Villiers.

Die egpaar word deur hul drie kinders, Erik, Estie en Marietjie, oorleef. Hulle het nie kleinkinders nie.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/89d07c7f2d4b405e837be3ef2541b315/08-01-2010-12-38/Boer,_vrou_geskiet_n%C3%A1_vleishaak-houe

‘Metrolede moet hieroor aan pen ry!’

2010-01-09 01:33

Amanda Roestoff

’n Man (56) van Horison in Roodepoort aan die Wes-Rand is die josie in nadat ’n Johannesburgse metropolisiebeampte glo eergistermiddag ’n klapper langs sy motor laat ontplof het.

Mnr. Dave McMahon is vasbeslote om die voorval, toe ene mnr. K.P. Molwantwa glo doodluiters agter hom kom parkeer en toe ’n “hengse cracker” digby sy motorvenster laat afgaan het, nie daar te laat nie.

McMahon was eergister omstreeks 16:00 in sy werkbakkie in ’n oop stuk veld langs Ontdekkers- en Moutonweg.

Hy het op sy vrou, Joey (60), naby ’n bushalte gewag toe drie beamptes in ’n metropolisievoertuig (registrasienommer TZB 042 GP) sowat 2 m tot 3 m agter hom stilgehou het.

“Ek het hulle die hele tyd dopgehou omdat dit nie onwettig was om te parkeer waar ek was nie. In ’n stadium het die een uitgeklim en ek kon hom nie meer sien nie,” het McMahon gister aan Beeld gesê.

Die volgende oomblik “het my hart byna tot stilstand geruk” en moes hy noodgedwonge van die skok na sy asmapompie gryp toe hy ’n harde klapgeluid langs sy motorvenster hoor. “Ek was skoon lam geskrik, man!” het hy vertel.

McMahon het gesê harde woorde het daarna geval tussen hom en Molwantwa, wie se twee kollegas hulle toe eenkant gehou het.

“Ek wou by hom weet hoe kan hulle vuurwerk konfiskeer en dan speel hy met die goed in die openbaar. Wat sou gebeur as ek ’n vuurwapen gehad en geskiet het? Dan was ek die een wat in die moeilikheid was…”

Volgens hom het Molwantwa om verskoning gevra en glo beweer hy was nie bewus McMahon was in die voertuig nie.

“Hulle (die metropolisie) wil hê ons moet hulle respekteer, maar hoe kan ons as hulle self die wet oortree?” wou hy weet.

Insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder, het die voorval gister ten sterkste afgekeur en as “skokkend en onaanvaarbaar” beskryf. “Ons kan nie toelaat dat beamptes so optree nie. Die saak moet aangemeld en intern ondersoek word,” het sy gesê.

McMahon is gister na adjunkdirekteur Abel Nkosi, hoof van die interne ondersoekeenheid van die stad se metropolisie, verwys om die klag formeel aan te meld.

Skakel 011 758 9100 om klagte teen metropolisielede in Johannesburg aan te meld.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/4fd40e2a9d97477aa5f83656a45cf2e7/09-01-2010-01-33/%E2%80%98Metrolede_moet_hieroor_aan_pen_ry!%E2%80%99

SA gesin verlaat hul Zim-plaas

2010-01-08 00:03

Sarel van der Walt

Die Suid-Afrikaanse egpaar vir wie plaasbesetters sedert verlede naweek dreig op hul Zimbabwiese plaas, het die plaas gistermiddag verlaat.

Mnr. Dolf du Toit (66), sy vrou, Alida (61), en hul seun, Rudolph (38), het gisteraand by vriende sowat 25km van hul plaas tuisgegaan ná ’n week van drama.

Mnr. Rudolph du Toit was vir meer as ’n dag in die Du Toits se plaashuis op hul plaas in die Nyazura-distrik, sowat halfpad tussen Harare en Mutari in die oostelike hooglande, vasgekeer.

Plaasbesetters het hom eers gistermiddag toegelaat om die huis te verlaat. Die plaasbesetters het ook die Du Toits se klere aan hulle oorhandig en hulle aangesê om die plaas te verlaat.

Die plaasbesetters het verlede Saterdagoggend vir die eerste keer by die plaas opgedaag en geëis dat hulle die plaas oorhandig aan die “ware eienaar” – ene brig. Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag.

Die Du Toit-egpaar is vroeër vandeesmaand deur van die plaasbesetters aangerand, maar nie ernstig beseer nie.

Mnr. Dolf du Toit het laat gistermiddag aan Beeld gesê hy en sy vrou was eergisteroggend dorp toe. “Toe ons terugkom, het ek my voorman raakgeloop. Hy het geskree ek moet ‘ry, ry, ry!’, want die plaasbesetters was by die plaashuis en Rudolph daarin vasgekeer.”

Die Du Toits is terug dorp toe om die polisie te vra om te kom help, maar dié wou nie. “Ons het toe ons ambassade in Harare gebel. Dié het ’n mnr. Simmins hierheen gestuur. Hy het alles in sy vermoë gedoen, maar eerstehands ons frustrasies met die polisie hier ervaar.

“Hy kon wel reël dat die polisiehoof in Mutare beveel dat die polisie saam met ons uitkom plaas toe.

“Rudolph was vanoggend (gisteroggend) nog in die huis vasgekeer en ons het gevra hy moet toegelaat word om uit te kom. Ons wou ook ons klere hê.

“Alida (mev. Du Toit) is toestemming gegee om in te gaan en die klere te gaan haal, maar ek kon nie, want ek was glo te cheeky,” het Du Toit vertel. “Rudolph is toegelaat om uit te kom. Hy is ’n bietjie getraumatiseer.”

Chiganze het later self by die plaas opgedaag. “Toe hy my beeste sien, het hy gesê hy belowe hy sal na na hulle omsien. Hy het ook onderneem dat hulle niks uit my twee huise of my werkwinkel sal dra nie en gesê ‘ons kan verder onderhandel’.”

Die besettings kom slegs enkele weke nadat Suid-Afrika en Zimbabwe ’n handelsooreenkoms onderteken het wat Suid-Afrikaanse boere die reg gee om op vergoeding aan te dring as hul grond onwettig oorgeneem word.

Mnr. Charles Taffs, visepresident van die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU), het vroeër in ’n verklaring gesê landwyd word 152 van die oorblywende 300 kommersiële plase in die land geteiken. Volgens hom is daar inligting dat mnr. Didymus Mutasa, ’n voormalige Zimbabwiese minister van grondsake, agter van die besettings sit.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/997482c2676946c2ac8f165f588a1a73/08-01-2010-12-03/SA_gesin_verlaat_hul_Zim-plaas

So ryk, maar tog ook so arm


2009-12-16 20:00

André le Roux

Afrika het in 2009 agt nasionale verkiesings beleef. Daarvan is slegs drie se uitslae nie betwis nie.

Die vasteland het in die afgelope 18 maande drie staatsgrepe (Madagaskar, Guinee en Mauritanië) beleef.

Twee wankelrige eenheidsregerings in Kenia en Zimbabwe probeer die orde hou nadat vroeëre verkiesings­uitslae tot geweld gelei het.

Sluipmoordaanvalle is gedoen teen Lesotho se premier en Guinee se militêre leier.

In agt lande is nasionale verkiesings en referendums uitgestel en in nege lande is staatshoofde al langer as 20 jaar aan die bewind.

In sewe Afrika-state handhaaf troepe van die Verenigde Nasies (VN) en die Afrika-Unie (AU) die vrede.

In 39 van 53 Afrika-state is menseregtevergrype aangeteken, sê Amnestie Internasionaal.

Dit wissel van vreemdelinghaat in Suid-Afrika, die stelselmatige ritueelmoorde op albino’s in Tanzanië tot die vervolging en ernstige oorweging van doodstraf teen homoseksuele in Uganda.

Die AU beskerm pres. Omar Hassan el-Basjhir van Soedan amptelik teen die Internasionale Strafhof se vervolging weens oorlogsmisdade en volksmoord in Darfoer.

Vyf Afrika-state – Somalië, Zimbabwe, Soedan, Tsjad en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) – is heel boaan die gesaghebbende tydskrif Foreign Policy en The Fund for Peace se indeks vir mislukte state.

Zimbabwe het ten spyte van die totstandkoming van die regering van nasionale eenheid in Februarie sy posisie van derde swakste tot tweede swakste versleg.

Die DRK, tans die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), het sy posisie van sesde tot vyfde versleg.

Elf Afrika-state is in die swakste 20 lande ter wêreld.

Altesame 31 Afrika-state bevind hulle op die lys van die 60 kwesbaarste lande ter wêreld – 32 as Wes-Sahara, waarvoor geen data bekom kon word nie, ingesluit word.

So positief moontlik gestel: Net 21 van 53 Afrika-state is relatief stabiel.

Volgens die indeks is daar nie ’n enkele staat in Afrika, Suid-Afrika ingesluit, wat as nie-kwesbaar beskou word nie.

Waar ’n staat soos Zimbabwe as “kritiek” geklassifiseer word, word ’n land soos Mosambiek as “in gevaar” en Suid-Afrika as ’n “grensgeval” bestempel. (Sien kaart.)

Afrika se bevolking het in 2009 die eerste keer die 1 miljard-merk verby gesteek.

Kortweg is dit Afrika se demokratiese prestasie in 2009.

Die 60 kwesbaarste lande op die indeks gaan gebuk onder ernstige vlakke van demografiese druk, die teenwoordigheid van inheemse vlugtelinge, etniese verdelings, groot gapings tussen ryk en arm en oneweredige ontwikkeling tussen stedelike en plattelandse gemeenskappe.

Al hierdie faktore is op verskillende vlakke teenwoordig onder al die state wat as “grensgevalle” (Suid-Afrika, Gaboen, Benin, Ghana, Senegal en Libië), in state “in gevaar” (37 Afrika-state) en “kritieke” state (Zimbabwe, Kenia, Somalië, Soedan, DRK, Kongo, Tsjad, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ivoorkus en Guinee) bekend staan.
Kenia is die Afrika-staat wie se posisie op die lys die ergste verswak het – van 26ste tot 14de.

In 2009 het spanning in die wankel­rige koalisieregering begin toeneem, veral weens internasionale bemiddelaars se pogings om die verkiesingslagting van 2007-’08 se belhamels in 2010 deur die Internasionale Strafhof aan te kla.

Die rede: van hulle sit in die Keniaanse kabinet.

Die behoefte aan wapentuig in Afrika bly onversadig.

Volgens die indeks is Rusland en China verantwoordelik vir 27% van die wêreld se wapenuitvoer.

Saam het hulle verlede jaar 40% van hul uitvoerwapens aan die 60 kwesbaarste state op die indeks verkoop.

Zimbabwe en Soedan, twee van die lande in die lys van mislukte state, is die grootste invoerders van Chinese wapens.

Nigerië, 15de (verlede jaar 19de) op die lys van die kwesbaarste state, is die derde grootste aanskaffer van Chinese wapens.

Nigerië se posisie het versleg weens toenemende kommer oor die gesondheid van pres. Umar Musa Yar’Adua. Hy is tans in die waakeenheid van ’n hospitaal in Saoedi-Arabië.

Die Nigeriese regering ontken ewe hardnekkig gerugte dat hy dood is óf kunsmatig aan die lewe gehou word.

Korrupsie en dwelmhandel ruk handuit in Afrika.

Volgens mnr. Jonathan Lucas, streekverteenwoordiger van die VN se kantoor teen dwelms en misdaad, ­beloop oorgrenshandel tussen Afrika-state jaarliks $1,3 triljoen (R9,7 triljoen) per jaar.

Daarvan is tussen $20 miljard en $40 miljard (tussen R150 miljard en R300 miljard) “korrupte geld” in die vorm van omkoopgeld jaarliks in omloop in Afrika.

“Dit is gelykstaande aan tussen 20% en 40% van internasionale geldhulp aan Afrika,” het Lucas verlede week by ’n teen-korrupsie­seminaar in Pretoria gesê.

Die lande om in 2010 dop te hou, sluit in Kameroen, Ethiopië en Eritrea, Guinee-Bissau maar ook Jemen, ’n nie-Afrika-staat.

Volgens die Indeks het die gebrek aan kos en werk sedert 2008 tot verskeie gewelddadige opstande in 2009 gelei. Vlugtelinge uit Kameroen stroom oor die noordelike grens na Tsjad wat reeds gebuk gaan onder ekonomiese nood.

Guinee steier nog onder die staatsgreep aan die einde van 2008 toe kapt. Moussa Dadis Camara die bewind oorgeneem het.

Guinee is sedertdien uit die AU geskors en Camara gewaarsku om homself nie as kandidaat verkiesbaar te stel in die April-verkiesings nie.

Camara steur hom nie daaraan nie en verlede maand is hy in ’n sluipmoordaanval gewond.

Wes-Afrika en Guinee-Bissau in die besonder kom ook toenemend weens die dwelmhandel in die internasionale kollig.

“Guinee-Bissau word vinnig Afrika se eerste dwelmstaat. In 2007 is die straatwaarde van dwelms in dié land is op 25% van die bruto binnelandse produk geraam,” lui die indeks-verslag.

Waar dwelms en sluikhandel – ook in mense – in Wes-Afrika die wêreld tot kommer stem, teister internasionale terreur die ooskus van Afrika.

Benewens die interne wetteloosheid in die groter Horing van Afrika-gebied, is die verslegtende situasie in Jemen aan die oorkant van die Rooi See en die Golf van Aden ’n kritieke bedreiging vir internasionale skeepvaart.

Jemen word toenemend, soos Somalië, ’n regeringlose terreurstaat.

Toenemende Amerikaanse en Navo-druk op Afganistan en Pakistan lei daartoe dat Islamitiese terreurgroepe dié situasie uitbuit deur na dié gebied uit te wyk.

Die grense tussen Etiopië en Eritrea bly ná tien jaar van oorgrenskonflik gemilitariseer.

Eritrea se posisie het van 44ste na 36ste versleg en Ethiopië bly 16de op die indeks van die kwesbaarste lande.

Foreign Policy sê Eritrea is een van die grootste “uitvoerders” van vlugtelinge na die res van die wêreld.

Tientalle Afrikane vlug nog na Europese lande en duisende sterf ter see omdat lande soos Spanje, Italië en Frankryk hul kusgebiede sluit en “bootmense” buite hul gebiedswater hou. Benewens vlugtelinge wat aan die konflikte in Wes- en Noordwes-Afrika probeer ontkom, duur vlugtogte uit lande suid van die Sahara onverpoos voort.

Die VN raam inheemse vlugtelinge in Afrika – wat vanjaar ook 700 000 klimaatvlugtelinge insluit – op sowat 10,4 miljoen.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) stel die wêreld se siening oor Afrika só: “Vir baie nie-Afrikane is dit onbegryplik dat ’n groot deel van die mensdom in omstandighede leef wat ander geslagte gelede al agtergelaat het.

“Elke 3,6 sekondes sterf iemand van die honger; van die 1 miljoen mense wat jaarliks aan malaria sterf, is 900 000 Afrikane.”

Die WEF wys ook daarop dat Afrika die enigste vasteland is waar die voorkoms van MIV/vigs nie afneem of selfs afplat nie.

In Namibië en Botswana – twee van Afrika se suksesverhale – raam die Rooi Kruis die besmettingskoers op 31% van die bevolking.

“Afrika is die tweede grootste vasteland en waarskynlik die rykste wat sy hulpbronne betref, maar sy mense is van die armste ter wêreld,” sê die WEF met ’n sweem van radeloosheid wat al hoe meer wêreldwyd opklink.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/In-Diepte/Nuus/1979/51682bd4cc4749d3bca0dd49afbe631b/16-12-2009-08-00/So_ryk,_maar_tog_ook_so_arm

Bundles of Sorrow

by George Annandale

2009-12-29 10:22

I woke up on Saturday morning to the exciting news that over 500 “Bundles of Joy” were born on Christmas day in South African hospitals.

We need this glorious news like a hole in the head. Truth be said, besides the 500-odd babies born in hospitals a further five-thousand-odd were born all over the place; babies born in abject poverty from parents who cannot sustain themselves, never mind their “Bundles of Joy”.

What the tellers of the stories of delight omits from their good tidings is that more than 200 of these “Bundles of Joy” will be dead as Dodos by next Christmas, many of them having died most horribly of hunger or HIV/Aids related deaths.

The bearers of good tidings also forgot, conveniently perhaps, to tell us how many of these babies were born to unemployed and poverty stricken parents who can hardly afford enough food to render onto them the energy required to procreate. Many of them having probably harnessed their last bit of energy, most likely derived from an energy bar or Wilson Toffee, stolen from the nearest spaza-shop.

To add more gloom to the supposedly joyous Christmas birthing occasion, it must be noted that more than a hundred of the babies who survived the first year, will die a horrible and suffering death before they are five.

The four-and-a-half thousand who remain, after the initial carnage, does not face a life of moonshine-and-roses either. At least 50% of them will live on the breadline, having to scrounge a living from rubbish heaps, dust bins, begging and petty theft; never knowing whether they will see the next Christmas and not even having a clue that, odds are, they will be dead by twenty-five.

“What is wrong with that?” – some may quite rightly ask, not realising we live in a country, part of a continent that, with the best will in the world, have never been able to sustain itself and its people without alms and food donations.

That the ANC government and its partners refuse to acknowledge or address this very real problem is inconsequential to most. To them, the so-called leaders, the populist promise of social allowances, whilst hoping for a miracle, is the only way to handle the crisis facing the country and the continent.

Instead of facing the fact that too many people are competing for resources, they while away their time, making transformation plans whilst blaming everything, from labour-brokers to white farmers, weather, apartheid, thieves-in-their-midst and wages, for the plight of the poor and desperate.

To them, the so-called leaders, as virulent African breeders of note, the very idea of any legal constraints on breeding, like measures propagated, implemented and enforced by many civilised or half-civilised country outside the African continent, as solution to their overpopulation problem, is quite unthinkable, or as some would say, “Too ghastly to contemplate”. Instead of preaching moderation, African leaders urge their illiterate followers to “Go forth and multiply” and promise them monetary rewards as an additional incentive, encouraging them in their belief that their breeding is an assurance policy against famine and pestilence.

Source:News24
http://www.news24.com/Content/MyNews24/YourStory/1162/538f7737d5fe4d7589d4cacf827af176/29-12-2009-10-22/Bundles_of_Sorrow

Om met jou ma se verkragter te speel


Geskryf deur Vlad du Plessis

Die rol wat die ligsinnige tydverdryf, rugby, in ons volk se ondergang gespeel het en die voortgesette negatiewe impak daarvan, mag nie onderskat word nie. As Afrikaners met slegs 10% van die entoesiasme waarmee hulle hul gunsteling Engelse sport bedryf hul vryheid sou nastreef, dan kan ons seker binne enkele weke ’n Afrikanerrepubliek bekom. Helaas, hierdie logika ontgaan Afrikaners soos wat hulle hulself bedwelm met die ekstase van die eiervormige Engelse bal wat oor die pale vlieg.

Terwyl die Kaapse koloniste tydens die destydse Britse bewind rugbyspelers geword het, was dit anders vir die burgers van die Boererepublieke. Dit was egter in die krygsgevangekampe van die tweede vryheidsoorlog waar Boerekrygsgevangenes met hul vyand begin speel het nadat hulle die stryd verloor het. Hier het hulle begin om rugbyvriendskappe te smee met die verkragters en moordenaars van hul dogters, vroue en moeders. Dit is ‘n perverse liefdesverhaal wat Afrikaners in die toekoms polities sou ontlont deurdat dit pogings tot groepsaksie “vreedsaam” sou kanaliseer om op ‘n meer “Britse” manier uiting te vind. Cecil John Rodes wou reeds van vroeg die balsport rugby inspan om Kapenaars te deëtnifiseer en het met welslae die 1891-Britse toer na die Kaapkolonie gefinansier.

Dat rugby die Afrikaner se opium is, het die Kommuniste ewenwel begryp. Dis nie om dowe neute dat Mandela die naam ‘Playing the Enemy’ vir sy boek oor die uitoorlê van die Afrikaners gekies het nie. Afrikaners sou immers eerder aan internasionale sport deelneem as om hul vryheid te behou; hul geboortereg verkoop vir ‘n pot lensiesop …

In die era van sportboikotte het Afrikaners gesmag om te mag ‘speel’ met hierdie vyande. Dít terwyl laasgenoemde aktief besig was om die ANC te ondersteun en ons oral denkbaar te ondergrawe. In sy boek, Strooidak en toring, waarin Izak de Villiers onder andere die skandelike oorgawe deur die NP bespreek, sê hy: ”Miskien was ons almal te bewus van hervorming, hervorming, nuwe bedeling, vrede (en rugby)…”

In die relaas van die Amerikaanse joernalis Patti Waldmeir oor die Nasionale Party se oorgawe, Anatomy of a miracle, skryf sy: “Afrikaners had swapped apartheid for rugby, and there was every sign they thought it a fair deal.”

Die rugbybeswyming duur natuurlik voort selfs in die huidige krisis waarin ons leef. Min Afrikaners verstaan veel van Suid-Afrikaanse politiek en nog minder is op enige vlak by hetsy ons bevryding, hetsy enige vorm van Afrikanerweerbaarheid betrokke. Nogtans sit hulle bankvas op die pawiljoen, wanneer 30 uitgevrete imbesiele om des lewens agter ‘n bal aanhardloop.

Behalwe dat Afrikaners aanhoudend deur middel van hierdie onsinnigheid uit die werklikheid ontglip, bied rugby ook ander kontradiksies wat teenproduktief vir ons breër oorlewing is. Die raakpunte wat rugby (en krieket) tussen ons en die Angel-Saksiese wêreldgemeenskap bied, kan slegs negatief op ons inwerk. Per slot van rekening is sportbeoefening ook ’n kultuuraktiwiteit. Die kontak wat sulke sportbyeenkomste met Engelssprekende lande meebring, is nie ‘n goeie ding nie. Dit raak ’n proses van kulturele kontak waar gemene saak gemaak word met volkere wat ons tans steeds negatief gesind is. In die vroeë twintigste eeu het Afrikanerintellekteuele, -politici en skrywers heelwat kontak met ons stamlande: Nederland, Duitsland en Frankryk gehad; ten dele is die opbloei in die Afrikaanse kultuur hierdeur moontlik gemaak. Danksy rugby, is ons deesdae uitsluitlik gerig op Engeland, Australië en Nieu-Seeland.

Min Afrikaners besef in welke swak lig ons nog steeds in Engelssprekende lande beskou word. Die minagting waarmee die breër Angel-Saksiese wêreld ons sien, kom op ’n vorm van volkshaat neer. Wanneer mens vriendskappe begin bou met mense wat nie jou waardes verstaan of respekteer nie, begin jy gewoonlik jou eie waardes te kompromitteer om sodoende meer aanvaarbaar vir hierdie “vriende” te wees. Hierdie dinamika geld op ’n persoonlike vlak, maar ook op ’n gemeenskapsvlak. Dis om hierdie rede, sowel as vir persoonlike gewin, dat Suid-Afrikaanse krieket- en rugbyspelers (rondom ons internasionale hertoelating) in die vroeë 90s dikwels meer krities teenoor apartheid gestaan het as wat vir hul ondersteuningsbasis sou geld.

Hulle het bande begin smee met mense teenoor wie hulle ’n waardekompromie aangegaan het. Rugby en krieket dra by tot die verinternasionalisering van Afrikaners en dit dra by tot ’n verlies aan identiteit, in ’n milieu waar ons oorlewing van ’n sterk identiteit afhang.

Deur ons geskiedenis kom die tema van uitverkoop na vore. Dit was sigbaar ten opsigte van Afrikaners wat te verstrengel met die internasionale gemeenskap geraak het, byvoorbeeld Jan Smuts, Pik Botha, die hartchirurg Chris Barnard, ens. Tans is die Hollywood-ster en dowwe blondine van Benoni, Charlize Theron – daardie aartsdissipel van die halfgod Mandela – ook ’n goeie voorbeeld. Met haar swaar en vals Amerikaanse aksent, is sy sekerlik een van die beste voorbeelde van ’n Afrikaner wat op hierdie wyse verinternasionaliseer is. Hoewel Charlize Theron ná ’n relatief kort periode “veramerikaans” het, het die Australiese aktrise, Nicole Kidman, selfs ná baie jare in Hollywoord haar Australiese aksent behou. Die rede is eenvoudig: Kidman as Australiër is deel van die globale Angel-Saksiese kultuur en dit is aanvaarbaar. Daarenteen moet Theron as Afrikaner haar self deëtnifiseer om aanvaarding te verkry.

Kan enigeen onthou hoe “Engels” Hansie Cronje en sy spanlede geklink het…? Luister gerus na sommige van ons huidige Afrikaner sport-“helde” as hulle praat. Nogtans moet jy nie glo dat solank jy ’n goeie ou Boere-aksent handhaaf jy maar lustig met die rugbybal kan voortdraf nie. Die sielkundige kragte van verinternasionalisering en veral veratlantisering (die verinnerliking van die Angel-Saksiese karakter) strek baie dieper.

Dieselfde kragte wat op Theron inwerk, het ’n impak op ons rugbyspelers, hoewel in ’n ander konteks. Wanneer hulle teen die buiteland speel, smee hulle bande met veral die Anglo-Saksiese wêreld en dit beïnvloed hulle waardes, gedrag en wêreldbeskouing. Moet ook nie ons rugbyspelers se gedienstigheid aan die Afro-Saksiese ANC onderskat nie. Behalwe dat die ANC nou vir alle praktiese doeleindes hul organisatoriese meesters is, sal enigeen van hulle pronk op ’n foto met ‘n ANC-minister, as dit meer publisiteit en dalk ’n plek in die Springbokspan kan beteken.

Ons rugbymanie dra ’n beeld van normaliteit aan die wêreld uit. In Jacob Zuma se woorde is ’n land wat op sportterrein presteer immers ’n land wat in vrede met homself leef. Is hierdie die boodskap wat Afrikaners aan die buitewêreld wil uitdra?

Onwillekeurig moet mens die vraag stel: “Hoe is dit moontlik dat mense wat uitwissing op elke gebied in die gesig staar meer gemoeid met balspele as hul oorlewing is?” Dit is asof Afrikaners meer as ooit tevore in die balsporte (veral rugby) opgaan. Afrikaners toon bykans geen belangstelling in die politiek nie en dit is asof rugby (net soos charismatiese godsdiens) Afrikaners se verbeelding en groepsmeelwing ten volle gemonopoliseer het. Geen vorme van verset teen die rassistiese diktatuur waaraan ons onderwerp is, interesseer Afrikaners in ‘n beduidende mate nie Nogtans raak hulle liries wanneer hulle hul grootste vyand se sport kan bedryf. Die situasie is erg genoeg om enige denkende mens stom te slaan en telkens kan mens nie anders as om te wonder of so ‘n volk werklik redding verdien nie. Dit is asof Afrikanernasionalisme ten volle deur ‘n soort rugbynasionalisme of dan rugbyisme vervang is. Ek wil dit waag om te se dat ten spyte van al die verskille wat ‘n eeu van volksewolusie opgelewer het, dit veral hierdie afvallige sport van die vyand is, wat die eertydse Afrikaners van die Boererepublieke en die huidige Afrikaners van mekaar onderskei. Miskien is dit die grootste wapen waarmee die Engelse ons ooit kon oorwin, want hiermee het hulle ons volk in gatlike en skrillend juigende pom-pom-waaiende dopamiene junkies verander.

Hoewel dit ’n projek is wat enorme teenstand sal kry, wil ek voorstel dat ons in ’n Afrikanerrepubliek heeltemal met die Engelse spoortsoorte, naamlik rugby en krieket, wegdoen. Ons het nie nodig om hierdie “kultuur”-aktiwiteit, wat groter gemeenskaplikheid tussen ons en ’n steeds vyandige internasionale Engelse gemeeskap bevorder, te beoefen nie.

Inteendeel sou ek wou aanraai dat Afrikanersportdeskundiges na die tekenbord gaan en ‘n totaal nuwe sportsoort ontwerp. So ’n volkseie sportsoort kan deur die skole (Afrikanerdepartement van onderwys) en ander staatsinstellings (Afrikanerdepartement van sport en ’n Afrikaner-openbare-uitsaaier) gevestig en bevorder word. Net soos Amerikaners met hulle eie voetbal en bofbal, kan ons ons eie sportsoorte ook met groot geesdrif en voortreflikheid beoefen.

In ons huidige krisis waar ons deur radikale problematiek gekonfronteer word, sal Afrikaners self moet oorgaan tot die beoefening van radikale politiek. Die radikalisme wat nou van ons vereis word, beteken dat ons gefokus moet wees en nie langer deur lughartige onsinnighede, soos rugby, verlam word nie. Mag die dag kom dat ons die sport van die moordenaars en verkragters van ons voorgeslagte afsweer!

Oorsprong:Vlad du Plessis se Perspektief Blog
http://perspektiefblog.blogspot.com/2009/12/om-met-jou-ma-se-verkragter-te-speel.html
http://perspektiefblog.blogspot.com/

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.